Internasionaal bekroonde fliek, MOFFIE, wat op 13 Maart 2020 in Suid-Afrika open, bekendgestel!

Die amptelike Suid-Afrikaanse lokprent van die bekroonde regisseur Oliver Hermanus se nuwe rolprent, MOFFIE, is vandag vrygestel midde die fliek se voortgesette veldtog op die internasionale feeskringloop. MOFFIE maak op 13 Maart aanstaande jaar sy plaaslike debuut op die grootskerm, maar dit is reeds by verskeie rolprentfeeste reg oor die wêreld vertoon. Hieronder tel die Venesië-filmfees in September vanjaar. Die storie van ‘n jong dienspligtige wat die alledaagse wreedheid van die weermag in die 1980’s tydens apartheid in Suid-Afrika probeer oorleef, het reeds gehore oor die wêreld heen oorgehaal. Vertonings…

Lees meer

Fiëstas: ‘n dekade word in 2020 gevier

In 2020 word die tiende kykNET Fiësta-toekennings gevier. Dié geleentheid is ‘n inisiatief om die beste werk van die afgelope feesjaar te vereer. Debuutproduksies op die land se ses grootste vervaardigende Afrikaanse kunstefeeste – US Woordfees, KKNK, Suidoosterfees, Innibos, Vrystaat Kunstefees en Aardklop – kom in aanmerking vir dié gesogte pryse. Hier is die benoemings vir doe 10de Fiëstas. Die 10de kykNET Fiësta-toekennings sal op Sondag 9 Februarie 2020 in Kaapstad toegeken word tydens ‘n regstreekse uitsending wat op kykNET DStv-kanaal 144. Benewens die benoemings kan die publiek ook vanaf…

Lees meer

Francois se nuwe enkelsnit video, Ewewig word vandag vrygestel.

Nadat Francois die enkelsnit vir Ewewig vroeër die maand vrygstel het, volg hy dit op met ‘n gepaste video. In die visuele era is dit belangrik om nie net musiek vry te stel nie, maar ook om vir mense iets te bied wat hulle op skerm kan beleef. Die video is in Pretoria verfilm en geredigeer deur Surika Crafford van Crafford Productions. Die agter-die-skerms foto’s is geneem deur JC Crafford. Dit bestaan uit twee dele, naamlik beeldmateriaal wat in die atlejee verfilm is, afgerond met beligting en kontras. Asook ander…

Lees meer

Stefaans Burden – Karoo Spoor

 Wanneer jy net dink daar’s ‘n droogte in die musiekbedryf, kom sak daar ‘n sagte bui reën uit en voed ons siele. Dan bring iemand ‘n album uit wat swoel en vreugde bring; nes regte genadewater uit God se hemelruim op ons neerdaal en mens en dier voed. Stefaans Burden is ‘n Predikant by die Worcester-Vallei gemeente, maar sy wortels lê diep begrawe in die Klein-Karoo, net duskant Oudtshoorn. Hy’t as kaalvoetkind grootgeword op ‘n plekkie met die naam, Volmoed. Wel, as jy nog nie van Volmoed gehoor het, kom…

Lees meer

Geniet kykNET-vermaak dié Desember

Die jaar staan einde se kant toe en dis uiteindelik tyd om ‘n bietjie af te skakel. Die kykNET-kanale vang die gees van Kerstyd vas met ‘n paar spesiale uitsendings gedurende die feestyd, soos Christmas in July en André Rieu: Christmas down under: Live from Sydney. Ons vier ook die begin van ‘n nuwejaar én dekade met Die Krone 6 konsert, sowel as Soweto String Quartet, Anton Goosen & vriende op Oujaarsaand. En, diegene wat graag hul geheue wil verfris, kan vir Sara se Geheim 2 op kykNET&kie in skakel,…

Lees meer

KERSFEES SKOUSPEL VANJAAR IN PRETORIA EN KAAPSTAD

Grand Arena, GrandWest, Jakes gerwel-rylaan 1, Goodwood, Kaapstad | Saterdag, 14 Desember 2019 @ 20:00 Sun Arena @ Time Square, Menlyn Maine, Aramistlaan 209, Menlyn, Pretoria | Maandag, 16 Desember 2019 @ 15:00 met spesiale gaskunstenaar Leo Sayer en Alwyn Oberholster | Granville Michaels | Jak de Priester | Joshua na die Reën | Mathys Roets | Monique | Nianell | Pieter Smith | Scott Engelbrecht | Steffie le Roux | Taschè Musikale regisseur: Jaconell Mouton | Regisseur: Frans Swart Besprekings: Computicket by 0861 915 8000 of www.computicket.com Groepe van…

Lees meer

Eerste KletsFest in Afrikaans

Wat kry jy as jy Snotkop, Early B, Biggy en Jan Bloukaas vir die eerste keer ooit op een verhoog saamgooi? KletsFest!  Om vining te praat is een ding, maar om vining te klets, noot te hou én sin te maak, vat besonderse talent. Dit is presies wat dié vier manne het, hope kletsrymtalent.  Die aand beloof om ‘n hoogtepunt van 2019 te wees met die kunstenaars se bekendste treffers. Kom luister saam na Early B se POTTE, Biggy se DAMES, Snotkop se COOL SOOS KOOS KOMBUIS en Jan Bloukaas…

Lees meer

TRUTH TV & DOWNTOWN ENTERTAINMENT BRING UNPLANNED FILM NA SUID-AFRIKA IN 2020

Uit die pen van Cary Solomon en Chuck Konzelman, die skrywers en medevervaardigers van God’s Not Dead, kom ‘n film wat die mees kontroversiëleen polariserende onderwerpe van ons tyd aanspreek; aborsie. Na tientalle aanlyn petisieveldtogte span Downtown Entertainment en TruthTV  kragte saam om vanaf28 Februarie 2020Unplanned in uitgesoekte Ster Kinekor teaters inSuid-Afrika, Namibië en Zambië te wys. Die film Unplanned is ‘n inspirerende ware verhaal van een vrou se reis van transformasie. In die eerste 5minute van die film ontmoet ons Abby en haar gesin.  Al wat Abby Johnson (gespeel…

Lees meer

Faraway George se langverwagte enkelsnit en video is uiteindelik hier!

Aanhangers van die folk-sanger, Faraway George, kan regmaak vir ’n groot bederf! Nie net gaan dié talentvolle jong kunstenaar ’n nuwe enkelsnit en musiekvideo vrystel nie, maar ook op die verhoog te sien wees vir ’n lekker vertoning in November. Die enkelsnit, SUGAR CANE, is die eerste vrystelling vanaf sy beplande nuwe album. Dit kom uit sy eie pen en dra die boodskap dat jy nie alleen is met jou gedagtes en gevoelens nie. “Daar is mense wat die lewe en spesifieke situasies met ons deel, of dit nou familie…

Lees meer

LCP Productions in samewerking met Renier Weideman en Rea Le Roux bied graag aan: DIE MK SKOLE TOER 2020.

Ons wil graag by skole omgaan en ons storie vertel. LCP Productions gaan die kinders vertel  wat ons alles doen en waarom ons dit doen. Renier Weideman, filmmaker van Hartsbegeertes en Gebore Talente, is n motiverings spreker en wil graag met die kinders  gesels. Hy wil hulle motiveer en met hulle praat oor talente en drome. Hy wil graag met die kinders (jeug) werk want sy passie is om ander te help. Daarna gaan Rea Le Roux, sangeres van liedjies soos ‘GATVOL VIR HUIS SKOONMAAK’ en nog  vele meer, gaan…

Lees meer