Ghoema-Benoemde, ADAM, stel nuwe musiekvideo bekend!

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Die gewilde groep, ADAM, wat pas genomineer is vir ‘n Ghoema in die kategorie BESTE ALBUM DEUR ‘N DUO OF GROEP,  het pas hulle musiekvideo van hulle nuutste enkelsnit, Iets In Die Water, vrygestel.

Die video is by Hugo Ludik se ateljee in Roodepoort, asook by Follicle Hair in Pretoria geskiet. RM Productions het die video geskiet en die konsep en regie is deur Kyle Grant self behartig.

“Die video is ‘n kombinasie van die Adam-manne wat n prettige tyd het gedurende die opname van die lied en dan is daar ‘n paar mooi dames wat rondspeel voor die kamera met balonne – dit is ‘n viering van die pragtige meisies in Suid-Afrika. Samantha Leonard, van The Voice SA 2017, het ook ingeloer en hand bygesit met die regie,” vertel Kyle.

“Suid-Afrika het al so baie skoonheidstitels verower en met al die ADAM-toere, het ons besef dat Suid-Afrika regtig die mooiste meisies het. Die enigste verduideliking hiervoor, moes wees dat daar iets in die water is,” voeg Hugo by.

Iets in die Water is beskikbaar op ADAM se album, Bewe, wat in 2018 uitgereik is.

ADAM bestaan uit Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant.

Kyk video hier: http://www.youtube.com/watch?v=t6GWrQlpxrA

Die 2019 kykNET Ghoema-toekennings is een van die musiekbedryf se grootste glansgeleenthede en vind vanjaar op 17 April 2019 plaas by die betowerende Sun Arena by Time Square Casino in Pretoria. Kaartjies is beskikbaar op Computicket.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/adamgroep/

Twitter: @adamgroep

Instagram: @adambandsa

Web: www.adamband.co.za

BESPREKINGS

CO Productions

Corne Oosthuizen

corne@coproductions.co.za

PUBLISITEIT & BEMARKING

Starburst Promosies

Gizela Arndt

Sel: 083 399 6869

E-pos: gizela101@gmail.com

Webblad: www.starburstmusic.co.za

Related posts