Kringloop deur Bets Smith

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Artikel geskryf deur Elizaan De Koker.

Bets Smith is geen groentjie wanneer dit kom by die skryf van Afrikaanse verhale nie.  Verskeie boeke het al uit haar pen gekom en sy het alreeds 1000 000 Afrikaanse boeke verkoop.

Die skryfster het haar loopbaan begin as ’n offisier in die SA Weermag waar sy deel uit gemaak het van die dokumentasie -diens span wat navorsing gedoen het oor Suid-Afrika se weermag geskiedenis.  Na sy in die eg verbind is, verhuis sy na die platteland toe waar sy haar as hoërskoolonderwysers op die dorpie Witrivier gevestig het.  Na 30 jaar bly Bets nog steeds in die omgewing, daarom is die laeveld van Mpumalanga so ’n belangrike ruimte in haar boeke.

Aan die einde van 2016 tree sy uit die onderwys en spits haar daarop toe om voltyds te skryf.  Haar nuutste spanningsverhaal  Kringloop het so pas verskyn op die rakke en word uitgee deur Lapa Uitgewers.

Opsomming

Tweedejaar kunsstudent en finalis in die universiteit se debutante kompetisie, Reine Duvenhage word geteister. Die sluipjagter speel  kat en muis met haar, maak haar vreesbevange en geniet die reaksie wat hy aanbring. Sy soek hulp, maar niemand neem haar ernstig op nie. Uiteindelik word sy wreedaardig aangeval.  Nou is dit vir niemand meer snaaks nie, veral nie toe dit blyk dat die sluipjagter steeds sy versier het op weerlose vrou nie.

Hoe leef jy as vrou met die gedagte dat daar ’n bose man is wat rondsluip en wat beloof het om jou leed aan te doen?  Hoe begin jy jou lewe oor as jy elke dag in vrees leef?

Onder die naam van Renette Mouton, probeer Reine weer die leisels van haar lewe op te tel. Haar poging om anoniem te bly en  om nie weer ’n slagoffer te word nie word egter bemoeilik toe verskeie mans uit haar verlede skielik opdaag in die plattelandse dorpie  waar sy skool hou.  Toe die tekens van die sluipjagter se teenwoordigheid weer al hoe duideliker word, moet die speurder, Pieter Taljaard, alles in sy vermoë doen om die slag nie weer ’n fout te begaan nie, want almal dra kennis  dat Reine nie die sluiper ’n tweede keer ontduik nie.

Watter een van hierdie mans wat weer hul opwagting in haar lewe gemaak het, was die een wat haar laas aangeval het? Of is die vrese maar net ’n illusie en nie die werklikheid nie?

Hierdie keer dink niemand dat sy haar verbeel nie, hulle lag nie vir haar nie.  Die vraag is egter, hoe kan Reine beskerm word teen ’n persoon wat gesigloos is en aan niemand bekend is nie?

Kan Pieter Taljaard, die speurder die leidrade betyds ontrafel om ’n moord te voorkom?

Samevatting

Bets Smith gee lewe aan opsetlik gewone karakters. Ja, Reine is mooi meisie, maar sy is ’n plaasmeisie soos vele ander wat deelneem aan skoonheidskompetisies op universiteit. Die res van die persone  is alledaagse mans en vroue wat ons ken, juis die rede hoekom hierdie spanningsverhaal soveel meer angswekkend is. Wat met Reine gebeur, kan met enige een gebeur.

Geskryf deur: Elizaan De koker

Related posts