Nuwe toegangsprys vir monument

Geldig vanaf 1 April 2019 tot 31 Maart 2022. Sien www.taalmuseum.co.za/taalmonument-besoekersinligting/ vir besonderhede. Ons bedank alle besoekers vir jul volgehoue ondersteuning van hierdie unieke baken. Kom beleef een van ons fantastiese geleenthede, maak gebruik van die restaurant met sy vergesigte en onthou: volgende jaar is die monument en museum 45 jaar jonk!

Vir meer inligting oor al die ander opwindende geleenthede by die Taalmonument, skakel 021 863 0543/4809, besoek www.taalmonument.co.za of volg ons op Facebook.

New entrance fee at monument

Valid from April 1, 2019 to March 31, 2022. Sien www.taalmuseum.co.za/taalmonument-besoekersinligting/ vir besonderhede. We thank all visitors for your continued support of this unique beacon. Come and experience one of our fantastic events, make use of the restaurant with its views and remember: next year the monument and museum will be 45 years young!

For more information about all the other exciting events at the Taalmonument, call 021 863 0543/4809, visit www.taalmonument.co.za or follow us on Facebook. 

Amira Brown
Geleentheidskoördineerder / Events Coordinator
Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument
T +27 (0)21 872 3441
F +27 (0)86 231 7324/+27 (0)21 872 3642
E kommunikasie@taalmuseum.co.za
W www.taalmuseum.co.za | www.taalmonument.co.za
F www.facebook.com/afrikaansetaalmonument
T www.twitter.com/taalmonument
www.instagram.com/taalmonument

In die aanloop tot die Internasionale Dag van Monumente en Terreine op 18 April 2019, is die Afrikaanse Taalmuseum en -monument trots om kreatiewe kragte met die onafhanklike joernaal LitNet te snoer om minder bekende digters se werk in die monument se Groen Galery uit te stal.  
Kreatiewes help Internasionale Dag van Monumente en Terreine vier
Digkuns van die Kaapse Vlakte tot die Waterberge tot Hentiesbaai by Taalmonument te sien.
In die aanloop tot die Internasionale Dag van Monumente en Terreine op 18 April 2019, is die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) trots om kreatiewe kragte met die onafhanklike joernaal LitNet te snoer om minder bekende digters se werk in die monument se Groen Galery uit te stal.
Hierdie tydelike uitstalling plaas die kollig op elf digters wie se werk in 2018/2019 op LitNet se ‘nuwe gedigte’-blad verskyn het.  
Volgens Michael Jonas, ATM direkteur, is die instelling ʼn lewende monument waar daar gedurig ʼn interaksie tussen die struktuur, natuur, besoekers en taalskeppers is. “Ons gee graag aan minder bekende skrywers, musikante en digters die kans om hul werk aan ʼn groter gehoor bloot te stel. Die
meeste besoekers is nie net baie geïnteresseerd in die geskiedenis van Afrikaans nie, maar ook nuuskierig oor die taal se ontwikkeling en haar jongste skeppende gedaantes aangesien dit nuwe
perspektiewe bied op die bestaanswêreld van talle Afrikaanssprekende Afrikane.”
 
Die tema van vanjaar se Internasionale Dag van Monumente en Terreine is ‘Landelike Landskappe’ wat fokus op die belang van plattelandse gebiede en die impak wat hul welsyn op die res van ʼn land het. “Terwyl die stedelike bevolkingstempo toeneem en in 2017 ‘n globale syfer van 54,82% bereik
het, groei die bevolking van landelike gebiede ook, ondanks die afname in terme van persentasie-aandeel,” lui ʼn verklaring van die Internasionale Raad van Monumente en Terreine.“Dit het ‘n
tweeledige uitwerking op landelike gebiede – terwyl sommige gebiede leegloop, ly ander onder menslike druk. Verder kan mens nie die ekologiese voetspoor wat die stedelike gebiede op landelike gebiede afdruk – en die veranderinge wat hierdie voetspoor op die landelike landskap veroorsaak,
sowel as die gevolge vir beide die omgewing en gemeenskappe – ignoreer nie.”  
“Die gekose digters woon in stede, in dorpe en op plase – van die Kaapse Vlakte tot die Waterberge tot Hentiesbaai -dus verteenwoordig hulle ʼn wye spektrum van inwoners, stedelik én plattelands, en handel hul digkuns nie net oor die natuur nie, maar ook die menslike natuur,” sê Jonas. Die 11
digters is Alwyn Roux, Anzé Bezuidenhout, Christo Meyer, Daniel Manchest, Elize Koch, Estelle Rubow, Franco Colin, Gideon C du Toit, Margaret Cordier, Marnus Kok en Shaun Warner, wat tesame ʼn
wye verskeidenheid belangstellings, geskiedenisse en skryfstyle beliggaam.  
Die argitek van die monument, Jan van Wijk, het sterk gevoel oor die natuur en daarom word hy vereer deur dié buitelug galery waar sy as in ’n rots ingemessel is, knus omring deur inheemse olienhout en graniet. ʼn Uitstalling van verskillende Afrikaanse skrywers word elke paar maande in dié galery se uitstalkaste van herwonne hout en glas aangebied om hiermee op die monument se kulturele én natuurlike aspekte te fokus. LitNet is ’n wyd-gerekende, interaktiewe joernaal op die internet waar skrywers hul verhale, gedagtes, rubrieke, artikels en opinies kan publiseer.  
Die publiek kan die uitstalling van 10 April tot eind Augustus 2019 in die Groen Galery besigtig.
Die monument, wat ook die beginpunt van die Paarl se Boomroete is, is daagliks oop van 08:00 tot 17:00. Toegang is R40 vir volwassenes, R10 vir SA studente/pensionarisse en R5 vir kinders (gratis onder ses jaar). Oudiogidse in verskeie tale asook gratis begeleide toere is beskikbaar en die monument bied ook ’n speelpark vir kinders, staproetes en ’n heerlike restaurant.
 
Vir navrae oor die monument of om meer te wete te kom oor die talle gewilde geleenthede, of
www.facebook.com/afrikaansetaalmonument. Kontak die ATM op 021 863 4809/0543/2 of stuur ʼn e-pos na admin@taalmonument.co.za
Twitter:volg ons / follow us | Facebook: word ‘n bewonderaar / like us | stuur aan / forward  Kopiereg / Copyright © 2019
Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument
Alle regte word voorbehou / All rights reserved.


About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →