Simone Botha Welgemoed is ‘n uitsonderlike vrou!

Hier is is paar vrae aan Simone om haar beter te leer ken.

Wou jy nog altyd ‘n ballerina word?

Ek kannie onthou wanneer ek nooit een wou wees nie so definitief, ja! Ek het met ballet klasse begin toe ek twee jaar oud was en het net nooit weer opgehou nie. My eerste professionele verhoogproduksie was saam met “Cape Town City Ballet” in hulle 1995 Neutekraker vertoning. Ek het toe die rol van die klein engeltjie wat uit die blou “Faberge”eier uitkom gedans. Toe was Artscape darem ‘n reuse verhoog vir so ‘n klein vyfjarige! Ek dink sedert daardie oomblik het ek geweet ek is tuis en ek is hier om te bly!

Wat sou jy doen as jy nie ‘n ballet loopbaan gekies het nie?

Ek het nog altyd ook ‘n groot belangstelling gehad in die mediese rigting en wou op ‘n stadium fisioterapie swot. Ek het ‘n groot heup operasiegehad as tiener en daar was sprake dat ek dalk nie weer sal kan dans nie. Gelukkig het ek ten volle herstel en kon weer doen wat my gelukkig maak. Dit het wel my gedagte prosesse aan die gang gesit vir wat as ek weer iets oorkom en ek nie verder kan dans nie. Dus het ek ingeskryf by UNISA vir n “BSC graad in Sielkunde en Fisiologie met Genetika”. Aan die anderkant is ek baie lief vir die film industrie en sal maklik op enige stel werk agter of voor die kameras.

As gevolg van jou doofheid waste uitdagings was daar om te ballet al kon jy nie die musiek hoor nie?

Dit is ‘n uitdaging waarmee ek steeds daagliks te doen het. Ek kan hoor dat daar musiek speel, maar ek kan nie die instrumente uitmekaar ken nie. Meestal is musiek vir my net ‘n mooi kakofonie van klanke. Ek kan glad nie musiek tel nie, want ek kan nie hoor waar die frases van die musiek begin en eindig nie. Daarom is ander dansers my begeleiding om in maat te bly met die musiek. Verder het ek my liggaams-ritme wat my lei. Dit kom van ‘n dans oor en oor repiteer. Ek maak ook staat op my dans maat wanneer ons ‘n “pas de deux” dans. Ek is baie bewus van sy liggaams-taal en bewegings om seker te maak ons vloei saam in ons bewegings.

Wat is jou gunsteling gedeelte van jou loopbaan?

Ek geniet die verskeidenheid van die industrie. Nieeen vertoning of optrede is ooit dieselfde nie. Jy kry die geleentheid om met verskeie kunstenaars te werk wat elk hul eie styl na vore bring en wanneer almal se kreatiwiteite saam smelt is dit ‘n opwinding wat net kunstenaars verstaan. Ek geniet dit ook om veelsydig te kan wees en aan te pas by die dans-styl wat vir die geleentheid vereis word. Dit strek van ballet tot Kontemporêr, Afrikadans, Hip-Hop, Spaans, Jazz, Indiesedanse en“spesialiteit toertjies”. Dit sorg vir baie opwinding! Verder is die reis na verskeie landevir my ook ‘n groot bonus!

Vertel my bietjie van jou ervaring om aan Mej. Dowe Suid Afrika deel te neem?

Dit was ‘n ervaring wat ek baie geniet het en altyd na aan my hart sal koester. Dit is die perfekte platform vir alle dowes om saam te kom en te deel aan die diversiteit van gehoorgestremdheid. Jy word opnuut herinner aan hoeveel verskillende vlakke van doofheidd aar is en hoe elkeen dit verskillend ervaar en daarmee handel. Sommige het spraak, ander weer spraak en gebaretaal, en sommige net gebare taal. Dieselfde gaan vir die gehoortoestelle- sommige het koglereinplantings en ander weer apparate. Sommige dra weer glad nie hulle apparate nie. So kommunikasie tussen ons almal was ‘n konstante brug bouerye ‘n aanpassing by mekaar om dit vir almal gerieflik te maak. Ons het baie van mekaar geleer en dit is ‘n ervaring wat geen ander dowe platform kan bied nie.

Hoe het jy gevoel toe jy as Mej DoweSuid Afrika 2012 gekroon is?

Dit was vir my ‘n aand van groot seën en ek het gevoel asof ek op die wolke loop! Ek het geweet dis ‘n groot voorreg en ek was so opgewonde, want ek kon nie wag om die titel te gebruik om brûe te bou tussen dowe gemeenskappe sowel as tussenin die algemene horende publiek nie. Daar is soveel misverstande.

Wat is volgende vir Simone Botha Welgemoed?

Ek is genooi om in Junie 2018 as gaskunstenaar op te tree by die FCEI  konferensie in Bad Iscl, Oostenryk. Die konferensie handel oor vroeë kinder-ontwikkeling en intervensie in gehoor gestremde kinders. Audioloeë en dokters wêreldwyd kom saam in hierdie week so dit is vir my ‘n groot voorreg om as danser en spreker ‘n verteenwoordiger vir gehoorstremdes te kan wees.

Waar is jou gunsteling vakansie?

Van al die plekke waarheen ek al getoer het bly Duitsland my gunsteling vakansie bestemming. Deel daarvan is omdat ek Duitse familie het en dat dit soos my tweede huis voel! Ek gaan in Junie weer soontoe, so ek sien baie uit!

Van watse soort kos hou jy en wat drink jy graag?

Ek geniet ‘n verskeidenheid van kosse, maar as jy my vra waarvoor ek meestal lus is op ‘n aand uit op die dorp dan is dit nou sommer maklik sushi! Dit en ‘n heerlike glasie wyn om dit mooi af te rond.

Het jy enige stokperdjies?

Net soveel soos wat ek ‘n stadsmeisie is, is ek dol oor die buitelewe. Ek waterski graag en geniet staproetes in my vakansie tye.

Ek het ook twee jaar terug my skubaduik lisensie gekry en sal graag nog op baie mooi koraalriwwe in die wêreld wil gaan duik. Sover ek weet is ek die enigste dowe vrou met ‘n koglereinplanting wat oor so ‘n lisensie beskik!Verder sal jy my dikwels sien met ‘n lekker leesboek en al drie my honde kinders snoesig rondom my!

Het jy ‘n boodskap vir ons lesers?

Daar is baie misverstande oor gehoor gestremdheid. Horende mense voel dikwels ook nie gemaklik om uit te reik na dowes om met hulle te kommunikeer nie. Ek voel dit is iets wat moet verander. Mense moet met dowes en oor doofheid net so gemaklik kan praat soos oor bril dra.

Dis onkunde wat maak dat gehoor-gestremdes so onderskat word. Ek het geen probleem daarmee as mense meer wil weet nie, so kontak my gerus en ek vertel jou graag ‘n bietjie meer!

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →