Dis met
groot opgewondenheid wat ons span by Underdog Records SA en Artists
Village, Stephan Visagie se nuutste enkelsnit, “Sekelmaan”,
aan u voorlê.
Ons hoop dat hierdie nuwe vrystelling gunstig oorweeg sal word vir u speellys
en u ons kantoor sal verwittig van u goed of afkeuring vir ons eie rekords.
Stephan
Visagie se debuutalbum, For Keeps, was in 2015 een van Maroela Media se Top 20
albums van die jaar.
Dieselfde jaar is hy ook deur Huisgenoot benoem vir ‘n Tempo as Nuweling van
die jaar.
Sedertdien het hy hierdie suksesse opgevolg met nog twee albums wat uiters goed
deur die publiek ontvang is.
Stephan is tans besig om aan nuwe materiaal te skryf vir sy vierde album en
hoop om hierdie album vry te stel teen November 2019.
Vind asb hierby aangeheg STEPHAN VISAGIE se
“SEKELMAAN”
ISRC kode: TCAEC1987777
Skrywers: Stephan Visagie
Vervaardiging / Meng: Pierre Rossouw / JMF
Telefoniese, sowel as In Studio-Onderhoude, is daagliks beskikbaar, gesels gerus met Ferdi J Steyn om gewensde tye te bespreek.
Ek dank u by voorbaat vir u tyd en sien daarna uit om u positiewe terugvoer te ontvang binnekort.
Ferdinand J Steyn-Eicker PR vir Top Kunstenaars / Tel: 012 753 2242 / Sel: 079 1455 701
