TERTIUS is ‘n jong en energieke en talentvolle sanger.

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

TERTIUS is ‘n nuwe jong en energieke sang sensasie in Suid-Afrika. Na sy skool loopbaan het hy ‘n klankingenieurskurses voltooi, waar hy meer van die praktiese kant van musiek en die opnames daarvan geleer het.

In 2007 het hy ‘n Rapport sang kompitisie gewen,waar hy saam met Steve Hofmeyer en Die Cambells op getree het.

TERTIUS het die heel eerste Klipdrift Idols gewen by Carnival City. Daarna het hy gestrewe om sy eie musiek loopbaan te begin, omdat hy gesien het waste geluk musiek in mense se lewens kan bring en ‘n verandering kan maak.

TERTIUS het twaalf uit die 13-snitte op sy demo album “Nou of Nooit” geskryf en binne ‘n paar dae,het die snitte “Oh oh oh (vir my en jou) en “bly by my” n paar top posissies op verskeie radio stasies verwerf.

 Die “Bly by my” musiek video speel gereeld op KykNet..

Al 21-snitte op TERTIUS se “Verslaaf aan jou” album  kom uit TERTIUS se pen, asook die verwerking en melodie lyne.

TERTIUS is tans deel van SA Feeste, SA Musiek Feeste en ook Elephant Kunstenaars en tree by verskillende feeste, funksies en kuierplekke regoor ons land en in elke dorpie op. Soos onder andere, die fees in Piet Retief, KKNK,  Aardklop,

Sweizerfees, Jakarandafees, Tekkiefees, Varkfees, Lichtenburgfees, Windpompfees, Ellisras, Nelspruit, Tzaneen, Harties, Klerksdorp, Bloemfontein, Stilbaai, Heroldsbaai, PE, Mosselbaai, Montana Traders en East Rand Traders ens. en verhoe naamlik Rapport, Huisgenoot, RSG, Die Burger, ATKV, Klipdrift, en Beeld.

TERTIUS is nou ‘n bekende naam op ons land se verhoë. TERTIUS speel kitaar, is doelgerig, energiek en vermaak almal van jonk en oud. Liedjies wat ook uit sy eie pen kom soos “Lekker verby, Bitter Soet, Mal oor jou, Verslaaf aan jou en ook Als is die moeite werd” wys net waste  talentvolle kunstenaar en skrywer TERTIUS is. Hy sing dans/pop/rock musiek. Indien jy nog nie TERTIUS in aksie gesien het nie, moenie langer wag nie, sien jou by die volgende optrede!

Related posts