Tussen Sterre palm Ghoema Toekenning in met debuut album Kosmies

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Jong talentvolle kunstenaars Tussen Sterre  palm hul eerste Ghoema Toekenning in met hul debuut album Kosmies.

Duisende jongmense bou lugkastele rondom die idee om eendag hul eie ‘rock groep’ te stig.  Min van hierdie idilliese drome word egter ’n werklikheid, maar die groep Tussen Sterre is verseker die uitsondering op die reël.  Drie super talentvolle jongmanne het hulle voorstelle en idees saamgegooi en is besig om naam te maak in die Afrikaanse musiekbedryf.

Tussen Sterre is die breinkind van SJ van Dyk, Martin Clifford Earle en Jan-Mattys van Lil en bestaan alreeds vanaf 2015. Die unieke naam vir die groep het sy oorsprong vanuit die gesegde “Reach for the sky, even if you miss, you’ll end up amongst the stars”.

Gedurende September 2017, stel Tussen Sterre hul eerste debuut-album “Kosmies”, bekend sonder die hulp van ’n platemaatskappy en as onafhanklike kunstenaars.  Die manne se harde werk en vasberadenheid om hul droom uit te leef was nie te vergeefs nie en op 29 April ontvang hulle ’n verskietende ster en raap hulle eerste Ghoema Toekenning op.” Dit is nou amptelik, Tussen Sterre hou hul gestand aan hul naam as Ghoema-wenners en hulle sterre skitter helder!

Die groep se passie vir musiek is net so opvallend soos hulle toewyding tot die Afrikaanse taal.  Hierdie stelling kan bevestig word deur te luister na hul oorspronklike lirieke wat deurdrenk is met energieke  en elektriese klanke met die afwesigheid van die Engelse taal – verseker ’n baanbreker in die Afrikaanse Pop-Rok genre.

Tussen Sterre se album, Kosmies is tans beskikbaar op Google Play, asook iTunes. Aanhangers van die rock groep kan ook die album bekom in musiekwinkels regoor SA en by al hulle optredes.

Intussen het hul onlangs ook hulle heel nuutste enkelsnit, Agapé, vrygestel en die musiekvideo daarvan sal binnekort ook beskikbaar wees.

Die nuwe enkelsnit Agapé handel oor onvoorwaardelike liefde.  As jy onvoorwaardelike liefde wil ervaar begin by jouself.

Soms loop ons almal maar met ons harte op ons mou, maar om onvoorwaardelik lief te hê is altyd mooi, altyd goed. Dit beteken om lief te hê ongeag al die foute wat ons maak, lief te wees ongeag of dit verdien word of nie. Net onvoorwaardelik! Agapé hoef nie noodwendig eers ‘n gevoel te wees nie maar daardie gewillige besluit om iemand anders voor jouself te sit maak nie saak wat.

“Ek sal jou trane afvee wanneer dit soos riviere stroom” – Tussen Sterre.

2018 lyk blink belowend helder vir hierdie opkomende groep en daar is reeds ’n rits optredes bespreek by van ons land se grootste feeste tot die land se kleinste dorpies.

Luister en kyk met animasie en verskietende sterre https://youtu.be/93aAj0oRpDE

Related posts