Valeska Muller laat haar musiektalent skyn met nuwe enkelsnit!

“Ek maak vir my ’n koppie Vyf Rose-tee, met een suiker en melk, en daar gaan die ligte af want dis weer beurtkrag. In die donker besef ek dat daar nog net 20% selfoonbatterykrag oor is. Na ’n lang dag van ateljee-opnames en sangopleiding, kry ek uiteindelik tyd om te sit en vrae te antwoord oor my tweede enkelsnit, SKYN JOU LIGGIE VIR MY. Nogals ironies, want ek sit in die donker by kerslig en tik,” gesels Valeska Muller agter-die-skerms van haar splinternuwe treffer wat pas die lig gesien het.

Alhoewel die tema baie relevant is in Suid-Afrika, waar kragonderbrekings deesdae gereeld koning kraai, is die betekenis agter hierdie elektroniese popliedjie baie meer persoonlik. “Ek is deur donker oomblikke. Ek kan nie alles verduidelik nie, maar ek kan dit kortliks beskryf as my hede wat my verlede oorkom. As ek okay kan wees en positief kan bly na alles wat ek oorleef het, kan enigiemand dit doen as hulle net glo dat hulle kan. Dan is ons nie meer slagoffers nie, maar oorwinnaars oor die negatiewe,” verduidelik sy. “Jy kies wie en wat jy wil wees. Ek wil mense inspireer om hulle verlede te aanvaar en die bron van hulle ongelukkigheid te hanteer. Dit is al hoe jy vry kan wees.”

Net soos ’n helder flikkering in die donker, spog SKYN JOU LIGGIE VIR MY, met ’n opgewekte wysie en is die sangeres baie trots op die eindresultaat van dit wat sy en vervaardiger BIGG-T saam geskep het. “Die liedjie herinner my elke keer opnuut dat ek ’n verskil kan maak deur my liggie vir ander te laat skyn. Almal het ’n stukkie donker uit hulle verlede. Deur dit te konfronteer, verjaag jy die duisternis en word jy vry van die seer. Moet nooit opgee nie, want onthou hoe donkerder jou situasie, hoe helderder sal jou liggie skyn,” sê die musikant.

Volgens Valeska, wat tans besig is om aan haar eerste Afrikaanse album te werk, beplan hulle ’n musiekvideo vir dié snit wat gaan oor selfliefde. Alhoewel sy nie veel meer wil verklap nie, vertel sy: “Lig en donker is albei belangrik. Die een kan nie sonder die ander bestaan nie. Jy kan nie teen jouself baklei nie en moet aanvaar wie en wat jy is.” 

SKYN JOU LIGGIE VIR MY, die tweede vrystelling vanaf haar beplande album, volg kort op die hakke van haar vorige enkelsnit, Verdwaal Saam Met Jou, wat baie goed deur die publiek ontvang is. Dit is ’n moderne popsnitverwerking wat gaan daaroor om weg te breek van die stad se geraas en tyd te spandeer saam met die persoon vir wie jy lief is. ‘n Musiekvideo vir dié treffer sal ook eersdaags uitgereik word.

Valeska werk al negetienjaar in die musiekbedryf en het op die musiekrealiteitsprogram, Zing, haar debuut op die kassie gemaak as deel van die Top 7 van die kompetisie, wat vir haar baie deure oopgemaak het. ’n Tragiese ongeluk, gedurende ’n mediageleentheid vir die verhoogproduksie Sexy and the City, het amper haar droom verwoes, maar opgee was nie vir haar ’n opsie nie. Sedertdien, het sy al hoofrolle gehad Richard Loring’s ‘Girl Talk 2005’ ; ‘Sonsak Jolyt; ‘Dance Mania’; ’ The Seven Wonders Show; The Awesome 80’s show; The Lets Twist Again Show. Valeska’s TV acting performances include ‘Binnelanders’; ‘One Way’ and TV commercials for Vodacom and Newscafe. She was invited to sing for King Swandile at the Royal Swazi Sun. She performed at many festivals: Aardklop, Innibos, KKNK, Aartappel Fees, and the Mulberry Festival. She has written songs with RJ Benjamin, Kyle Adcock, Christiaan Kritzinger, Crighton Goodwill , Drago Blaskovic, Bradley Africa and Liezel Marshall. Her previous band, Rain on Mars, had 2 songs play listed on Highveld and 5FM.in verskeie verhoogproduksies en het sy rolle gehad in televisieprogramme soos Generations, Roer Jou Voete en Binnelanders. Een van haar liedjies is ook gebruik as die temalied van die program, ’n Ster Vir My Bed, op Via TV.

Oor die jare het sy by verskeie funksies en groot feeste opgetree, waaronder ’n vertoning vir Koning Swandile by die Royal Swazi Sun, Aardklop, Innibos, Aartappel Fees, KKNK en vele meer. In 2017 het sy ook drie baie suksesvolle Engelse enkelsnitte vrygestel, Not Again, Keep Up en Tell Me Why, wat op verskeie platforms soos iTunes, Amazon, Spotify en YouTube beskikbaar is. Wanneer sy nie sing nie, bestuur sy haar eie musiekskool, Valeska Muller Vocal Academy (VMVA), en is sy ook gedurig besig om haarself verder in verskeie aspekte van musiek en besigheid te bekwaam.

Hierdie veelsydige kunstenaar meen dat dit vir haar terapeuties was om inhoud te skep vir haar komende album en dat sy baie oor haarself geleer het in die proses. Sy glo dat haar nuutste vrystelling met ope arms verwelkom sal word, omdat oud en jonk daarby sal aanklank vind. “Soos wat ons ons lig laat skyn, gee ons onbewustelik aan ander mense toestemming om dieselfde te doen. Aangesien ons bevry word van ons vrees, bevry ons teenwoordigheid ander rondom ons,” sê sy.

SKYN JOU LIGGIE VIR MY is nie net ’n bewys van haar ongelooflike talent as liedjieskrywer en sanger nie, maar is ook ’n baken van hoop vir diegene wat deur moeilike tye gaan.

Om dié pragtige vrystelling te vier, wil Valeska ook graag ’n platform skep vir luisteraars om hulle stories te deel. As jy ’n inspirerende oomblik het, waarin jy jou liggie laat skyn het, deel dit op haar blad, met die hutsmerk #SkynJouLiggieVirMy.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/ValeskaMullerSinger/

Instagram: @valeskamuller

Twitter: @Valeskamuller

PUBLISITEIT & BEMARKING

Starburst Promosies

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Web: www.starburstmusic.co.za

Alani Coetsee – PUBLICISTalani@starburstmusic.co.za / 072 442 6918

Starburst Promotions 
   Office: 083 635 4717 
http://www.starburstmusic.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →