“HUNTER LAAT DIE VOETE JEUK MET AFRIKAANSE ENKELSNIT DAMN SEXY

Aanhangers van die bekroonde sangeres HunTer se voete sal begin jeuk as hulle na haar nuutste Afrikaanse enkelsnit, Damn Sexy, luister. Dié voete-jeuk-opskop-dansliedjie beloof om luisteraars van alles te laat vergeet. Ja, selfs van Eskom wat ons in die duisternis hou, van korrupsie en van Julius Malema se nuutste parlementêre streke. AANHALING VAN HUNTER: WAAROOR GAAN DIE LIEDJIE? HOE SAL JY DIT BESKRYF? WAAROM DIE TITEL? Ons almal is Sexy binne in en ons moet net in ons self glo. Die Liedjie het sommer net een aand in my kop…

Lees meer

Helene Fischer reik gewilde album vir ‘n tweede keer uit!

DATUM:                                                  20 Februarie 2019 Helene Fischer is een van die mees suksesvolle popsterre in Europa en dit is daarom nie vreemd dat sy reeds met ’n dubbel-album kan spog wat twee-en-dertig van haar beste en gewildste liedjies bevat nie. Inteendeel, sy het pas ’n splinternuwe en herverwerkte weergawe van die einste album, BEST OF HELENE FISCHER, uitgereik, juis omdat die aanvraag na haar musiek net aanhou groei. Die goeie nuus is dat haar werk nou ook op Suid-Afrikaanse musiekrakke beskikbaar gaan wees! Oor die geleentheid om haar album nou ook aan…

Lees meer

MUSIEKROEP, GnT, SE EERSTE KUIER-ALBUM IS HIER!

Dit is allermins moeilik om lekker te kuier op Eugene ‘Gino’ Prinsloo en Thys Beukes, van die groep GnT, se splinternuwe album, KUIER SAAM, wat binnekort op die rak beskikbaar is. Dit was immers die doelwit met dié vrystelling… wat letterlik aan elke oor se musieksmaak sal voldoen. Hierdie CD, wat hoofsaaklik Afrikaans is, kan beskryf word as ’n lekkerluister versameling wat enige partytjie aan die gang kan kry, maar jou ook soms diep sal laat nadink. Die sangpaar beklemtoon dan ook: “Die idee van die album is om lekker…

Lees meer

GIAN GROEN #AlsIsNetLekker

Gideon Hanekom het van pluimveeteler en plaasbestuurder ontwikkel tot die briljante liedjieskrywer en rockkunstenaar Gian Groen. Dié Stellenbosch-boorling het as lid van die rockgroep Spinnekop en met sy treffer Vier seisoene kind van sy album Groen Kitaar en met sy solo-albums Met die maan gepla, Lied van die engele, Welkom in Somersburg en in 2013 met Dekade van Ballades homself as ‘n musikant met integriteit gevestig. Die nuwe album heet  #Als Is Net Lekker, die leuse van Gian se baie goeie vriend, Willie Wentzel. Willie het so geglo daarin om…

Lees meer

GERALDINE “EK WIL JOU HARTKLOP VOEL”

Hiermee saam wil ons gedugte span by Underdog Records en Artists Village graag aan julle die volgende asemrowende nuwe enkelsnit bekendstel. Hierby die aangehegte Nuwe Vrystelling vir – GERALDINE“EK WIL JOU HARTKLOP VOEL”  * Vol Album nou beskikbaar by – ITunes – https://itunes.apple.com/za/album/wintersnag/1437580861 Die sangeres Geraldine B se enkelsnit “Ek wil jou hartklop voel”  behoort aanhangers van die eerste noot van dié liedjie , tot haar stem wegsterf met die laaste note van haar vertolking, mee te voer. Geraldine B is bekend vir haar nostalgiese ballades en met “Ek wil…

Lees meer

Francois van Rensburg stel eerste Engelse enkelsnit vry!

Francois van Rensburg het vele passies en musiek bly een van sy grootstes. Veral wanneer hy kans kry om self die woorde neer te pen, hetsy uit iets wat hy self ervaar het of uit ander ondervindings wat hom inspireer. Alhoewel Francois lief is om in Afrikaans te skryf, is hierdie die heel eerste Engelse enkelsnit wat hy uitreik.   Hoe het “Sally” ontstaan?  “Ek het sedert my Universiteitsjaar op Tukkies, baie teaterstukke bygewoon. Maar een wat my nog altyd bygebly het was die produksie “I Am A Camera” wat in…

Lees meer

Esmond – 24/7

Esmond het al vroeg af geweet, sing is sy ding. Op die ouderdom wanneer ander seuns nog bloedrooi bloos as hul net moet opstaan, toe raap Esmond al die een na die ander medaljes op by al wat ‘n kunswedstryd en kompetisie is. Wanneer jy die groot musiekwêreld betree, dink mense soms dat al daardie klein kompetisies en medaljes dalk nie veel werd is nie, maar die grootste daarvan is die selfvertroue en ondervinding wat dit jou gee. Vrees vir ‘n verhoog is daar nie meer, en hy weet hoe…

Lees meer

Early B en Jack Parow hou van potte in nuwe musiekvideo

POTTE, die gewilde en bekroonde kletsrymer van Port Elizabeth, Early B, se nuutste humoristiese treffer – in samewerking met die multi-bekroonde kletsrymlegende Jack Parow en vervaardiger Justin Vega – het reeds groot opslae gemaak in musiekkringe… en nou is hierdie trio terug met ’n prettige, tong-in-die-kies musiekvideo om die sukses van die liedjie en die vakansieseisoen te vier. Die video, wat deur regisseur Gerhard van Rooyen in die Kaap verfilm is, is basies ’n visuele uitbeelding van dit waaroor die musikante in die video sing. “Ek, Jack Parow en Justin…

Lees meer

Drikus Volschenk by US Woordfees in DEURnis 20-voor-2

Drikus Volschenk – Uitgebreide Biografie Drikus Volschenk is ’n Suid-Afrikaanse akteur, wat bekend is vir sy rol as Coen in die kykNET-sepie,  Binnelanders. Drikus is in Durban, KwaZulu-Natal, geborde en sy familie is vol akademiekusse. Hy is gedoop uit ’n  1000 Pipers-whiskyglas en het sy eerste lewensjaar in Natal deurgebring. Toe hy twee was, het hulle verhuis na Suidwes-Afrika, waar hy in die Duitse kleuterskool in die Namib grootgeword het en later ’n Afrikaanse laerskool in Windhoek bygewoon het. Op die ouderdom van elf, het hulle teruggekeer na Suid-Afrika (Potchefstroom),…

Lees meer

DOUVOORDAG stel nuwe enkelsnit bekend!

DATUM:  25 Januarie 2019 FOTO KREDIET:                                                                  Willem Botha Op 5 Oktober 2018 het DOUVOORDAG (Ilse en Jattie de Beer) hul debuut-album, DIE AVONTUUR, uitgereik en het dié album byna onmiddellik die nommer een posisie op iTunes ingeneem!  Hulle eerste enkelsnit vanaf die album getiteld, MANIFES, is ongelooflik goed deur radiostasies landswyd ontvang en kan steeds gereeld op nasionale radio gehoor word terwyl die musiekvideo vir ‘n geruime tyd op die kykNET Top20 gepryk het. Dié duo maak positiewe, hoopvolle en energieke musiek en het ‘n eie en unieke klank wat musiekliefhebbers gaande het.  Hulle…

Lees meer