Begin jou eie groentetuin

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Om jou eie groente en kruie te kweek is ’n nuwe tendens wat spruit uit die behoefte om stadiger te leef, te weet waar jou kos vandaan kom en beter na die planeet om te sien. In Begin jou eie groentetuin rus dié twee plattelanders jou toe om dit te doen deur die nuutste ontwikkelings in te span – van waterbesparing en permakultuur tot biodinamika en herwinning. En jy hoef nie ’n groot stuk grond te hê nie. ‘n Groentetuin kan jy op ‘n balkon, in ‘n vensterbank en vertikaal teen ‘n muur aanlê. 

Leer hoe om kompos te maak, watter plante droogtebestand is, watter plante nie saam geplant moet word nie, in watter streek en seisoen watter plante aard, hoe om water op te gaar en weer te gebruik, en hoe om onkruid en peste vas te vat. Die skrywers se beste raad? Deel jou kennis met mekaar en leer uit mekaar se foute. Dit maak die eerste groente-oes soveel lekkerder!

OOR DIE SKRYWERS  : Johan van Zyl en Peter van Noord is gesoute joernaliste, redigeerders en vertalers. Hulle is die redakteurs van die tydskrif Platteland en self ook plattelanders. Johan is ook onder meer boekeredakteur van Rapport, oudredakteur van VISI en ‘n rubriekskrywer vir Kook & kuier. Peter was eers Afrikaansonderwyser, daarna hoofsubredakteur van Die Burger en sedert hy ’n vryskutloopbaan aangedurf het, onder meer teksredakteur vir Weg en Weg Ry & Sleep. Hy is die samesteller van twee kortverhaalbundels en saam met Johan vertaal hy ook ook kos- en ander boeke. 

Peter en Johan woon op Koringberg in die Swartland van waar hulle werk. Dis hier waar hulle groentetuin die stryd teen die ergste droogte in meer as ’n eeu gewonne gegee het, hoewel hulle vol hoop is om binnekort weer uit hulle eie tuin te eet. Hulle boer ook op piepklein skaal met olywe en is veral trots op die olyfolie wat hulle voor die droogte geproduseer het. Maar ook in die olyfboord is daar hoop, en hopelik lewer 2019 weer ’n geil oes op.

Kontak Jean Pieters by jpieters@nb.co.za of 021 406 3033 vir meer inligting oor die boek en die skrywer

Uitgewer :   Human & Rousseau

 Druknaam :   Human & Rousseau

Publikasiedatum :  27 September 2018

Prys :    *R325

 Bladsye :   192

Formaat :   270 mm x 200 mm

 Bindstyl :   Sagteband

 Illustrasies :  Ja

Kategorie :  Leefstyl ISBN13 :   9780798176354 EpubISBN :   N/A Uitgawe :   1

 * Prys onderhewig aan verandering

NIE-FIKSIE

Related posts