Bloedbande deur Wilhelm Verwoerd

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Beskrywing

“Ek blaai vinnig deur hierdie bladsye. Ouma se politieke spore is besaai met duwweltjies. ’n Deel van my wil-wil die swart dagboek toemaak. ’n Ander deel skop vas: Hoe eerlik is jy in jou poging om oupa Hendrik te verstaan?” 

Ná jare van versoeningswerk tussen eertydse vyande in Ierland keer Wilhelm Verwoerd terug na Suid-Afrika. Hy wil vrede maak met sy eie familie en sy geskiedenis. In die Verwoerd-strandhuis, Blaas ’n Bietjie, waar hy sit en skryf, hang ’n gesinsfoto waarop sy oupa, HF Verwoerd, hom as baba teer vashou. Hoe versoen hy dié menslike oupa met die gehate onderdrukker wat in die stories van sy swart bure en kennisse na vore kom, mense wat as kinders in die strate gedans het toe sy oupa vermoor is? 

In sy soektog na begrip kom Wilhelm op ouma Betsie Verwoerd se private dagboeke af en voer hy soms ongemaklike gesprekke met mense wat sy van as vloekwoord onthou. So ontvou ’n geskakeerde blik op wat dit beteken om vandag met integriteit in Suid-Afrika te leef. 

“Diepsinnig … Wilhelm Verwoerd ondersoek die veelkantigheid van verantwoording in families in hierdie belangrike en menslike memoir.”– Martie Retief Meiring

OOR DIE OUTEUR  

Wilhelm Verwoerd is die kleinseun van HF Verwoerd. Sy ontnugtering met apartheid lei tot sy vervreemding van die familie, veral toe hy aansluit by die ANC en by die WVK inval as navorser. Hy werk in Ierland met versoening tussen voormalige vyande en staan tans aan die hoof van die Eenheid vir Praktiese Teologie by die US.

Bloedbande

Uitgewer  : Tafelberg

 Druknaam  : Tafelberg

Publikasiedatum  : 16 Julie 2018

Prys   : *R290

Bladsye   : 352 Formaat  : 234 mm x 152 mm

Bindstyl   : Sagteband

Kategorie  : Aktueel ISBN-13   : 9780624085171 Epub-ISBN  : 9780624085188

Mobi-ISBN  : 9780624085195 Uitgawe  : 1

 * Prys onderhewig aan verandering

NIE-FIKSIE

Related posts