Bouwer Bosch stel nuwe enkelsnit Skatkis bekend!

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Artikel geskryf deur: Elizaan de Koker

Bouwer Bosch is ongetwyfeld ’n unieke kunstenaar wat al diep spore getrap het in die musiek bedryf.  Met sy sielvolle stem wat deurdrenk is met betekenisvolle lirieke en humorsin het hy die hartsnare van sy aanhangers aangeraak. Ongetwyfeld sal hierdie talentvolle man se splinternuwe enkelsnit, Skatkis, dieselfde reaksie ontlont soos sy vorige weghol treffer, Pleidooi

Skatkis, die nuutste enkelsnit toevoeging van Bouwer Bosch is so pas gedurende die week van 30 April, 2018 bekend gestel en sal self-die kieskeurige luisteraar tevrede stel.

Bouwer verduidelik dat die betekenis agter Skatkis handel oor die prinsiep dat ons almal op die aarde maar net ’n verlore wrak is met ‘n kosbare skatkis aan boord,  wat besig om te sink.  Soms probeer ons so hard om die lewe te beheer en soms laat ons toe dat ander mense ons probeer.  Eintlik moet ons tot die besef kom dat daar niks mee fout is as jy nie altyd in beheer is nie en dit is heeltemal toelaatbaar om ook soms weerloos te wees.

Volgens Bouwer handel die moeilikste uitgangspunt van ons lewens oor verhoudings, hetsy vriendskaplik of romanties – nie so seer oor lief te hê nie, maar om toe te laat dat ander jou liefhê.  Hy gaan voort deur te vertel dat die oomblik as ons besef dat ons almal maar net ’n wrak is met ’n kosbare skatkis binne-in ons, dan kyk ons met ander oë na mense.  Ons besef dat elke een van ons is tans op reis deur die lewe.  Dat ons almal maar daagliks struwelinge en storms ervaar wat ons trotseer.  Hy sluit af deur te sê dat op die ou end gaan almal in elk geval sink met net die skatkis, nog steeds binne ons.

Bouwer wat alreeds ’n dekade in die musiekbedryf vier, is ’n man van vele talente en het reeds ’n indrukwekkende CV.  Wanneer hy nie sy lyf TV-aanbieder, regisseur en akteur hou nie, bedryf hy ’n aanlynwinkel vir sy liefdadigheidsorganisasie, Liefde Wen.

Wanneer jy hom vra of hy of eerder musiek of rolprente verkies, is sy antwoord dat hy eintlik bevoorreg is om albei te doen omrede dit hom die geleentheid gee om homself op verskillende vlakke uit te druk.  Hy sê: “Elkeen verg maar ’n ander aspek van wie ek is, so ek dink nie ek hou meer van die een meer as die ander nie. Buddy Holly is die rede hoekom ek wou musiekmaak. Ek het altyd sy musiek gehoor wanneer my ma daarna geluister het. Ek dink ek skryf en sing om myself te genees. Dis die wonderlike ding van musiek, dit genees jou soos jy skryf.” 

Ten spyte daarvan dat sy geliefkoosde-aanhaling oor musiek: “Don’t bore us, get to the chorus”, is, het die bedryf waarin hy werk hom geleer dat goeie dinge tyd vat. Hy het nog baie planne vir die toekoms, maar vat elke projek soos dit kom. Sy nuwe enkelsnit Skatkis is ’n goeie getuigskrif van hoeveel hy die afgelope paar jaar gegroei het as mens en kunstenaar. Dit is maar net ’n voorsmakie van wat ons nog in die toekoms van hierdie talentvolle ster kan verwag.

Skatkis is beskikbaar op iTunes en Spotify:

https://itunes.apple.com/za/album/skatkis-single/1365811518 – iTunes

https://open.spotify.com/album/7hNsbJHZ5GsVjmL215KMmo – Spotify

Deur: Elizaan De Koker

Related posts