Wanneer jy die woord
TUISGEBAK hoor, hoor jy dadelik die klank van ‘n koolstoof wat snoesig knetter
en die reuk van vars brood. Maar sodra jy hierdie album aansit, wil jy skoffel
om daai einste tafel met warm brood op en skuins voor die stoof loop verby
wals.
Brian Nieuwoudt verras ons met ‘n tuisgebakte album; ja letterlik in die
sitkamer opgeneem, wat nie terugstaan vir enige Boeremusiekalbum nie. Nie as jy
kyk na sy rye en rye toekennings wat teen sy mure hang nie!
Hierdie boorling van Namakwaland, kén Weskus- en Boeremusiek. Net soos hy
uiteenlopend studeer het; eers Teologiegraad en daarna bekend geword in die
boer-en wynbedryf, so ook is sy albums gemeng met interressante
instrumentesamestellings.
Soos hulle in
Namakwaland sê; het Brian eerste kom kop uitgesteek in 2001 met sy debuutalbum,
Hier’t jou lekker ding. Die vis het nog nie eers geloep nie, toe wen hy twee
jaar opeenvolgend die GERAAS MUSIEKTOEKENNING vir Beste Boeremusiekalbum van
die jaar!
Daarna bring hy as BASJAN ‘n DVD uit; ‘Basjan se Weskus Party’. Dit was skaars
op KykNET uitgesaai, toe trek hy nette in en vang verkope van meer as 10 000
eenhede. Op die DVD se hakke volg toe BASJAN SE WESKUS PARTY 2 album wat binne
6 weke goue-status bereik!
Wat hierdie
Boeremusiekalbum anders maak is die feit dat dit die laaste keer is wat ons oom
Fred Rheeder gaan hoor. Brian en Oom Fred het in 2011 ‘n tuisopname in Oom Fred
Kunstenaar: Brian Nieuwoudt & Fred Rheeder
Liedjie: Jakkalsdraai Polka
ISRC: ZAQR41803420
Publishing: Trad / Verwerk B. Nieuwoudt
