Drikus Volschenk by US Woordfees in DEURnis 20-voor-2

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM


DATUM: 19 Februarie 2019 
Die bekende en geliefde Suid-Afrikaanse akteur, Drikus Volschenk, wat gedurende 2018 te sien was in die derde aflewering van 20th Century Fox se Amerikaanse lokettreffer, Maze Runner: Death Cure, die Afrikaanse kunsfilm, Meerkat Maantuig, SABC 3 se Bedford Wives, Deon Opperman se Hartstog, asook ‘n nuwe reeks, Unmarried, vir Vuzu, sal vanaf 3 – 9 Maart 2019 by die US Woordfees in Stellenbosch in die produksie DROOG te sien wees wat deel vorm van die DEURnis 20-voor-2 konsep, ‘n eerste vir Suid-Afrika.
               
DEURnis 20-voor-2 is vervaardig deur Theatrerocket en word moontlik gemaak deur AK21, NATi en US Woordfees en is ‘n uitbreiding van die een-tot-een ervaring (DEURnis een-tot-een): twee akteurs wat optree tussen 20 gehoorlede. Hierdie ongewone, plekspesifieke teaterervaring ondersoek die grense van teater op ‘n kreatiewe wyse – ideaal vir dié gehoorlid wat meer wil waag. ‘n Kaartjie gee jou toegang tot twee toneelstukke van ongeveer 45 minute elk.
 
Drikus Volschenk en André Lotter is die twee akteurs in DROOG met die teks deur Braam van der Vyver en regie deur Lihan Pretorius.Vir Vincent (Drikus Volschenk) en Hendri (André Lotter) (twee munisipale amptenaars) is dit net nog ‘n dag by die werk – en gewoonlik maar taamlik saai.  Waterkwotas is egter ‘n realiteit en Dag Zero het aangebreek.  Hoewel die kwik tussen Vincent en Hendri styg, is die watervlak aan’t daal… olie op die vuur – sonder enige water.  ‘n Satiriese en komiese blik op water, die tekort daaraan, korrupsie op voetsoolvlak, en wat jy sal doen vir jou druppel of twee…
 
Dit is vir my ongelooflik lekker om aan hierdie produksie te werk!  Ons het meestal gelag tydens repetisies en dit is heerlik om net bietjie lekker toneel te speel, dit te geniet en te lag.  Ek is so gewoond aan film en televisie werk, so die feit dat daar nie ‘n kamera hier betrokke is nie en dat ‘n mens so bietjie komedie doen is net fantasties.  Wat dit wel effens moeilik maak is dat ons net twee akteurs is en elke vertoning is 45 minute lank en daar is twee vertonings per dag.  Daar is nie ‘n klomp ander mense op die verhoog waarop jy kan staatmaak nie.  Dis net ek en André en ek moes vining leer om weer my woorde te onthou!  Die produksie is vining met skreeusnaakse oomblike en pittige sê-goed en ‘n ongelooflike tydsberekening wat alles beteken!”, vertel Drikus opgewonde.
 
Kaartjies is beskikbaar by Computicket:
 
http://cms.computicket.com/web/event/deurnis_20_voor_2
 
SOSIALEMEDIASKAKELS:
 
DRIKUS VOLSCHENK
Facebook: https://www.facebook.com/DrikusVolschenkOfficial/
Instagram: @drikus.volschenk
Twitter: @DrikusVolschenk
 
DEURnis
Facebook:  https://www.facebook.com/DEURnis/
 
PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
 
Kaartjies is beskikbaar by Computicket:
 
http://cms.computicket.com/web/event/deurnis_20_voor_2
 

 

Drikus Volschenk – Uitgebreide Biografie


Drikus Volschenk is ’n Suid-Afrikaanse akteur, wat bekend is vir sy rol as Coen in die kykNET-sepie,  Binnelanders.

Drikus is in Durban, KwaZulu-Natal, geborde en sy familie is vol akademiekusse. Hy is gedoop uit ’n  1000 Pipers-whiskyglas en het sy eerste lewensjaar in Natal deurgebring. Toe hy twee was, het hulle verhuis na Suidwes-Afrika, waar hy in die Duitse kleuterskool in die Namib grootgeword het en later ’n Afrikaanse laerskool in Windhoek bygewoon het. Op die ouderdom van elf, het hulle teruggekeer na Suid-Afrika (Potchefstroom), waar Drikus laer- en hoërskool voltooi het en in 1997 met ere-toekennings vir akademie, leierskap, kuns en kultuur, musiek en sport gematrikuleer het.


Hy het ingeskryf by Noorwes-Universiteit, waar hy sy graad in Besigheidskommunikasie behaal en gespesialiseer het in Kunsgeskiedenis, Grafiese ontewerp, Kreatiewe Skryfkuns en Toerisme. Verder het hy ook sy honneursgraad voltooi en gespesialiseer in Oudiovisuele-, Massa-, Besigheids- en Nuwe Media-kommunikasie. Hiervoor het hy dertien onderskeidings ontvang en is hy aangewys as Beste Student in Kommunikasiekunde.

Drikus is daarna Londen toe om te spaar om sy studies in Musiek en Drama voort te sit. Aanvanklik het hy as sekuriteitswag gewerk, waarna hy later aangestel is as ’n kleuterskoolonderwyser en privaatonderrig verskaf het aan kinders wie se ouers gereeld rondtrek, asook kinders met spesiale behoeftes. Hy het toe deeltyds Musiekteater gestudeer by die Guildford School of Acting.

Na amper drie jaar in die VN, het hy teruggekeer na Johannesburg en by AFDA ingeskryf as ’n musiekstudent. Hy het sy graad behaal as rolprentakteur met ’n benoeming vir Beste Manlike Hoofrolspeler, ’n toekenning vir Beste Kortfilm en rolle in talle televisie- en verhoogproduksies.

Sy professionele loopbaan, as vryskutakteur, het in Augustus 2005 afgeskop. Sedertdien was hy al in verskeie televisieprogramme en –reekse te sien, waaronder Isidingo, Amalia, Binnelanders, Dit wat Stom is, Askies, When we were black, Begeertes, City Ses’la, Villa Rosa, Generations, The Lab, Jozi-H, Hard Copy, Scandal, Erfsondes, Egoli, 7de Laan, Riemvasmaak, Interrogation Room, 90 Plein Street, Pandjieswinkel-stories, Task Force, Skeem Saam, Swartwater en Rockville.

Hy was ook te sien in flieks soos Skin (met Sophie Okonedo) en Long walk to freedom (met Idris Alba). Ander rolprentkrediete sluit bekroonde werke in soos Skoonheid/ Beauty (Cannes-rolprentfees en Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die 2012 Oscar-toekennings), Durban Poison (2013-wenner van die Durbanse Internasionale Rolprentfees), Ballade vir ’n Enkeling, Treurgrond, Dis ek, Anna (2015-wenner van 6 SAFTAS), Vir die Voëls, Deon Meyer se Jagveld, die internasionale reek, Madiba, en Batman vs Superman – Dawn of Justice.

Hy is benoem vir ’n Fiësta-teatertoekenning vir sy bekroonde musiekproduksie, In die Grond van die Wind,oor die Afrikaner in Argentinië en was van 2010 tot 2017 ’n senior-lektor in Toneelspel by die Oscar-bekroonde Suid-Afrikaanse Rolprentskool (AFDA). Verder, is hy ook genooi om ’n akteurswerkswinkel aan te bied by die voormalige jaarlikse CILECT-konferensie in München, Duitsland en ook om sy navorsing vir publikasie in te sluit in die CILECT Film Schools of the 21st Century.

Vanjaar het Drikus die derde aflewering van 20th Century Fox se Amerikaanse lokettreffer, Maze Runner: Death Cure, die Afrikaanse kunsfilm, Meerkat Maantuig, SABC 3 se Bedford Wives, Deon Opperman se Hartstog, ’n rolprent oor Chris Barnard se eerste hartoorplanting, asook as die nuwe reeks, Unmarried, vir die nuwe Vuzu-kanaal verfilm.

Related posts