EON – Die manne het “spunk”

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Deur: Elizaan De Koker

’n Afrikaanse Alternatiewe popgroep wat spunk het, is beslis die manne van EON.

Vir die nuwe generasie musiek luisteraars, ja ons praat nou van die jong klomp, Eon het so pas hul eerste volledige album vrygestel getiteld  “Ligjare”.  Hierdie kraakvars album is propvol gepak met energiek en luisterryke snitte wat elke toehoorder tot ekstase sal bring. 

“Ligjare” is beslis ’n album wat elke alternatiewe fanatikus op sy rakke behoort te hê . Van ou bekende saamsing liedjies tot kraakvars nuwe treffers kan verwag word op hierdie CD in die unieke EON styl. 

Hulle eerste enkel snit treffer “Bittersoet” wat ook op die album aangetref kan word, het reeds opskudding veroorsaak in die musiekbedryf.  Die snit  kom gereeld voor op die speellys van verskeie radio stasies en is boonop hoog aangeskrewe op die rotasie lys. 

EON het ook onlangs ’n musiek video gemaak van “Bittersoet” wat op YouTube gesien kan word.  Dit is verbasend opvallend hoeveel kykers die video  alreeds gelok het.  Wat die sukses van die groep nog meer aanwakker is die blote feit dat talle TV-kanale die musiekvideo gereed beeldsend.

Vir diegene wat nog  nie bekend is met die groep EON nie, dis  nou die perfekte geleentheid om hulle ’n bietjie van nader te leer ken. 

EON is in 2017 gestig  deur Altus Theart, Pieter Marcato en  Jerry Spangenberg.  Die manne is een naweek saamgegooi tydens ’n motorfiets toer en op die brink van die oomblik het hulle besluit om hul talents saam te span en musiek te maak. Dit was die begin die Afrikaanse Alternatiewe popgroep EON.

Altus Theart het sy diploma in drama in 2006 voltooi en was reeds deel van verskeie verhoogproduksies, onder andere, Grease  en A Midsummer Night’s Dream . Hy was ook te sien in Deon Opperman se musiekblyspel Tree Aan, asook Lied van my Hart saam met Steve Hofmeyr in 2012. Altus is ook ’n bekende gesig op kykNET as akteur en aanbieder. Hy was te sien in Donkerland en Kruispad. Hy vertolk ook  die rol van Fafa in die bekende sepie Getroud met Rugby.

Pieter Marcato is ’n liedjieskrywer, sanger, lid en stigter van die groep Marcato, maar hy is ook saam met Altus en Jerry deel van EON. In 2013 het Pieter ook sy eie platemaatskappy as Legato Artists gestig wat nou al Marcato en EON se musiekbehoeftes hanteer.

Jerry Spangenberg is gebore in Bloemfontein, maar het sy liefde vir musiek ontwikkel  op hul plaas in Kuruman.  In sy kinderjare het hy die konsertinalêer bemeester an later jare die klavier. Die gogga vir dromme het eers op hoërskool begin byt. Kitaar, sy groot liefde, het ironies laaste gekom want vandag is hy die kitaarspeler van EON. Jerry het ook vier jaar vir Mel Botes kitaar gespeel.  Jerry was ook deel van Marcato tot einde 2014.

Die manne van EON betower  luisteraars nie alleenlik met hul aantreklikheid nie, hul musiek is ook beslis ‘n lus vir elke oor. 

Loer hier hul nuutste treffer “Bittersoet”

Deur: Elizaan De Koker

Related posts