Francois van Rensburg stel eerste Engelse enkelsnit vry!

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Francois van Rensburg het vele passies en musiek bly een van sy grootstes. Veral wanneer hy kans kry om self die woorde neer te pen, hetsy uit iets wat hy self ervaar het of uit ander ondervindings wat hom inspireer.

Alhoewel Francois lief is om in Afrikaans te skryf, is hierdie die heel eerste Engelse enkelsnit wat hy uitreik.  

Hoe het “Sally” ontstaan?

 “Ek het sedert my Universiteitsjaar op Tukkies, baie teaterstukke bygewoon. Maar een wat my nog altyd bygebly het was die produksie “I Am A Camera” wat in 2009 deur tweedejaar-studente opgevoer is. Dit was een van die heel eerste stukke wat ek gekyk het terwyl ek studeer het en miskien is dit die rede dat dit so ‘n groot, blywende indruk gemaak het op my. Die meisie wat die hoofrol vertolk het is nou ‘n bekende sepiester en sy weet nie eers dat die liedjie bestaan nie. (Dalk moet ek haar een of ander tyd laat weet, maar ek is nog ‘n bietjie skaam.) Sy het my inspireer om Sally te skryf. Sy het die rol vir my so geloofwaardig oorgedra, dat ek eintlik nie die aktrise raakgesien het nie en ek kon nie anders as om op haar karakter verlief te raak nie. Alhoewel ek natuurlik besef het dat Sally fiktief is, het sy vir my in daardie twee ure ‘n werklikheid geword. Ek vermoed ook daar is ‘n paar Sally’s daarbuite wat regtig bestaan en haar storie ten volle uitleef! Ek het die liedjie in Engels geskryf, want die stuk was in Engels en ek kon daarom op so ‘n manier vir Sally die beste beskryf. Die liedjie is ‘n biografiese uitbeelding van hoe ek haar op die verhoog ervaar het. Dit vertel ook die storie van hoe ons as mense dikwels verlief raak op karakters in films of storieboeke, maar dat dit ‘n illusie is wat ons opmaak soos ons gaan.”

Opname: Wouter van de Venter & Andrew Roos

Master: Rogan Kelsey

OOK BESKIKBAAR OP iTUNES! 

Skrywers: Francois van Rensburg / Wouter van de Venter Label: My Way Productions

ISRC#: TCAEF1973674 UPC: 859732390831 Uitgewer: SAMRO

Related posts