
Hiermee saam wil ons gedugte span by Underdog Records en Artists Village graag aan julle die volgende asemrowende nuwe enkelsnit bekendstel.
Hierby die aangehegte Nuwe Vrystelling vir – GERALDINE“EK WIL JOU HARTKLOP
VOEL”
* Vol Album nou beskikbaar by – ITunes – https://itunes.apple.com/za/album/wintersnag/1437580861
Die sangeres Geraldine B se enkelsnit “Ek wil jou hartklop voel” behoort aanhangers van die eerste noot van dié liedjie , tot haar stem wegsterf met die laaste note van haar vertolking, mee te voer.
Geraldine B
is bekend vir haar nostalgiese ballades en met “Ek wil jou hartklop voel” voer
sy haar stem tot nuwe hoogtes.
“Ek wil jou Hartklop voel – laat my voel dat liefde bo enigiets kan wen…”
Oor die liedjie sê die sangeres wat op die Vrystaatste dorpie Wesselbron woon: “Liefde bestaan en is regtig iets spesiaals.
Die liedjie is geskryf vir en opgedra aan my wonderlike man. Dit is maklik om oor iets te sing waarby ek kan aanklank vind.
“Die liedjie vertel die storie van liefde en hoekom ‘n mens daarvoor sal baklei.”
Die liedjie is ‘n pennevrug van die bekende liriekeskrywer Pierre Rossouw.
ISRC kode: TCADW1864986
Skrywer: Pierre Rossouw
Vervaardiging / Meng: Pierre Rossouw / JMF Produksie @ Poet Produksies
Telefoniese en In Studio Onderhoude is beskikbaar met Geraldine enige dag wat julle sal pas vanaf 08h00 – 21h00.
#MediaToer2019
VIR MEER INLIGTING ASOOK MEDIA ONDERHOUDE, KONTAK gerus vir Ferdi Steyn: ferdi@artistvillage.co.za / 079 145 5701