Gevoel van veiligheid stel “Man in die maan” bekend

Ons stel met baie opwinding bekend Gevoel van veiligheid – “Man in die maan ”  vir die musiek-speellys.

Kunstenaar: Gevoel van veiligheid

Liedjie: Man in die maan

Band Members

Raymond Horn – Guitar/Vocals
Deon Roos – Guitar/Vocals

Hometown

Pretoria

https://static.xx.fbcdn.net/rsrc.php/v3/y6/r/w_F0QQTmQi4.png

About

Gevoel van Veiligheid – Acoustic 2 stuk uit Pretoria

Biography

Gevoel van Veiligheid, het begin as ‘n twee stuk acoustic punk/rock band van Pretoria, het absoluut niks met met tralies, alarmstelsels en tronke vir huise te doen nie. 

Gevoel van Veiligheid se klank en gevoel handel oor die letterlike gevoel van innerlike veiligheid wat jou hart warm maak, wanneer jy tussen jou mense, jou vriende, familie en liefdes rond beweeg. 

Gevoel van veiligheid is in 2010 as something on the side begin deur onder meer Deon Roos – voorheen van Die Onbekende, en Raymond Roy Horn – voorheen van Neontetra. Die projek was skaars oordentlik van die grond af, toe Gevoel van Veiligheid die verhoog met van die groot kannone in die plaaslike musiekbedryf begin deel het .

Vroeg in 2011, het Raymond en Deon besluit om dinge next level te neem, en het hulle begin om Gevoel van Veiligheid se eerste EP op te neem. Na die EP launch, het hulle Koringkriek ingeryg, en haastig begin werk aan die EP se eerste musiek video vir Skaterlag. Skaterlag is tans te sien op die musiek kanaal MK, en beloof ook om biekie in te loer op die Afrikaanse kanaal, KYKNET!

In November 2011, het die dinamiese duo begin werk aan n vol lengte album, wat beloof om ore oop te blaas, harte te steel, en n Gevoel van Veiligheid stempel met menning aft e druk op die plaaslike musiek bedryf. 

In Februarie 2012 bring hulle die 2de single, “Geheime Trane” gevolg met n video deur KoringKriek, Die video het hoë rotasie gekry op almal se gunsteling TV kanaal ,MK

Maart 2012 kry Gevoel van Veiligheid 3(Halwe lede, maar nie midgets nie) by genaamd Mercia op Vocals, Janco op mondfluitjie en Hugo op trekklavier en begin meer en meer met die vol ‘line up’ gig

Begin April 2012 bring hulle die 3de video uit genaamt ‘Benoude Woede’, deur BlipFilms en hou die launch show saam ekhouvanjou,okay!

1 Mei 2012 Speel hulle saam Suit Afrika Supergroep VanFokKingTasties met hulle akoestiese album launch

Gevoel van Veiligheid is gebook vir Oppikoppi 2012

Kyk uit vir hulle life shows, wat n belewenis opsigself is. Die emosie en energie wat uitgetsraal word vanaf die verhoog, tot op die gehoor is so eg soos hulle klank en die gevoel daargater. Daar is iets ongelooflik opreg rondom die twee se musiek, en dit raak mens diep. 

Lank al nie meer net n projek nie…Gevoel van Veiligheid die stille vors wat jou met klank en mening gaan oorompel.

Current Location

Pretoria

https://static.xx.fbcdn.net/rsrc.php/v3/y6/r/w_F0QQTmQi4.png

Press contact

deonroos89@Gmail.com

Booking agent

deonroos89@gmail.com

categories

 

Resensie geskryf deur Pedro Fernando. Pedro het baie jare se ondervinding in radio en die musiek bedryf met ‘n ongelooflike groot musiek kennis. Pedro gaan met elke uitgawe bietjie na nuwe musiek en enkelsnitte kyk en dit vir Olka Bolka Tydskrif resenseer

Pedro Fernando

Kunstenaar: Gevoel Van Veiligheid Lied: Man In Die Maan.

Resensie deur: Pedro Fernando

Gradering: ***

Dis die eerste keer wat ek van hierdie groep Gevoel Van Veiligheid hoor.

‘N aangename melodie met ‘n wonderlike genotvolle kitaar riff, die eenvoudige en ‘n pragtige stem van die hoofsanger bring kinderjare herhinneringe terug.

‘Man In Die Maan’ is so goed geharmoniseerd deur die groep en melodies. Die feit dat dit nie te veel geproduseer word nie en so akoesties is, is verfrissend.

Hierdie pragtige liedjie is perfek vir alledaagse radio speel en pas by die Volwasse Kontemporêre mark.

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →