Heeljaar Seisoenkos

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

BESKRYWING  

In Seisoenskos word jy genooi om heeljaar volgens die seisoen te eet. Die voordele van hierdie nuwe kosneiging is legio: Nie net gaan jou beursie dikker wees nie, maar dit trap ook ligter op Moeder Aarde. Boonop is al die bestanddele wat jy vir hierdie resepte benodig, geredelik beskikbaar. 

Verlekker jou in die lekkertes van elke seisoen: waatlemoen, perskes en druiwe in die somer; appels, grenadellas en vye in herfs; lemoene, nartjies en suurlemoene in die winter en avokados, kappertjies en spruite in die lente.  

Elke seisoen maak voorsiening vir voorgeregte, brood en happies, hoofgeregte en nageregte en gebak. En vir die avontuurlustiges: Ontdek hoe maklik dit is om witloof gaar te maak en artisjokke te braai. Met nuttige wenke soos hoe om jou eie groen knoffel te groei en wat pienk sout is en breedvoerige verduidelikings wat al die resepte maklik maak. Vir kosliefhebbers en kosavontuurlustiges.

OOR DIE OUTEUR   Weg! Platteland is ‘n uiters gewilde tydskrif wat fokus op mense wat stadiger en voluit wil lewe en hulle meestal op die platteland bevind. Vir al die lesers van die gewilde Weg! Platteland.  Saamgestel deur Aletta Lintveldt, kosredakteur van Weg! Platteland.

Uitgewer :   Human & Rousseau

 Druknaam :   Human & Rousseau

Publikasiedatum :  28 September 2018

 Prys :    *R325

 Bladsye :   208

Formaat :   270 mm x 200 mm

Bindstyl :   Sagteband

Kategorie :   Kookkuns ISBN13 :   9780798177337

 * Prys onderhewig aan verandering

Related posts