Helene Fischer reik gewilde album vir ‘n tweede keer uit!

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

DATUM:                                                  20 Februarie 2019

Helene Fischer is een van die mees suksesvolle popsterre in Europa en dit is daarom nie vreemd dat sy reeds met ’n dubbel-album kan spog wat twee-en-dertig van haar beste en gewildste liedjies bevat nie. Inteendeel, sy het pas ’n splinternuwe en herverwerkte weergawe van die einste album, BEST OF HELENE FISCHER, uitgereik, juis omdat die aanvraag na haar musiek net aanhou groei. Die goeie nuus is dat haar werk nou ook op Suid-Afrikaanse musiekrakke beskikbaar gaan wees!

Oor die geleentheid om haar album nou ook aan die Suid-Afrikaanse publiek bekend te stel, sê Fischer: “Ek is geseënd met ’n suksesvolle Europese loopbaan en sien uit om my musiek met verskeie nuwe gehore te deel, waarvan Suid-Afrika een is.”

Dié album, wat reeds ’n hele paar jaar gelede vrygestel is, sluit meer as twee ure van die sangeres se grootste treffers in, omdat sy glo dat net die beste goed genoeg is vir haar aanhangers. Snitte soos Von hier bis unendlich (From Here to Infinity), Hundert Prozent (Hundred Percent) en Atemlos durch die Nacht (Breathless Through The Night) maak almal deel van die speellys uit. Die nuwe CD spog ook met ’n elegante nuwe boekie-omslag, met goue drukwerk en al die lirieke van die musiek wat op dié spesiale versamelstuk verskyn.

Helene, wat van Duitse herkoms is, word beskou as een van Europa se mees suksesvolle vermaaklikheidsterre – met 112 platinum- en meer as 50 goue toekennings agter haar naam. Die ster het bekendheid verwerf as die schlager-koningin en het begin naam maak nadat haar eerste ateljee-album in 2006 die lig gesien het. Sedertdien, het sy verskeie treffers in Duitsland, Austrië en Switserland opgelewer, tot dat Farbenspiel in 2013 een van die mees suksesvolle albums geword het in Duitse geskiedenis en gelei het tot nog hoogtepunte in haar loopbaan.

THE BEST OF HELEN FISCHER is ’n moet-hê-album vir elke Helene Fischer-aanhanger of enigiemand met ’n waardering vir wêreldgehalte musiek. Dit is ’n kombinasie van gevoelvolle harts- en opgewekte dansmusiek, waarsonder geen speellys volledig sal wees nie. Die blywende gewildheid van hierdie treffers-album is ’n duidelike bewys dat dié sangsensasie haar gehoor se belange op die hart dra. Dit is beskikbaar in uitgesoekte musiekwinkels en op alle digitale platforms. 

LYS VAN SNITTE

CD #1

  1. Von hier bis unendlich
  2. Du fängst mich auf und lässt mich fliegen
  3. Feuer am Horizont
  4. Ich glaub dir hundert Lügen
  5. Ich will immer wieder… dieses Fieber spür’n
  6. Ich geb’ nie auf (Am Anfang war das Feuer)
  7. Und ich vermiss dich auch
  8. Mitten im Paradies
  9. Im Reigen der Gefühle
  10. Vergeben, vergessen und wieder vertrau’n
  11. Mal ganz ehrlich
  12. Du hast mein Herz berührt
  13. Verlieb’ dich nie nach Mitternacht
  14. Lass mich in dein Leben
  15. Manchmal kommt die Liebe einfach so
  16. Und morgen früh küss ich dich wach
  17. Hundert Prozent
  18. Du lässt mich sein, so wie ich bin
  19. Von Null auf Sehnsucht
  20. Frag nicht – Ich mag dich
  21. Nicht von dieser Welt

CD #2

  1. Atemlos durch die Nacht
  2. Phänomen
  3. Die Hölle morgen früh
  4. Nur wer den Wahnsinn liebt
  5. Für einen Tag
  6. Mit keinem Andern
  7. Wär’ heut’ mein letzter Tag
  8. Marathon
  9. Fehlerfrei
  10. Unser Tag
  11. Ein kleines Glück

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/helenefischer.official/

Twitter: @_Helene_Fischer

Instagram: @helenefischer

Webblad: www.helene-fischer.de

PUBLISITEIT EN BEMARKING

Suid-Afrika

Starburst Promosies

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Web: www.starburstmusic.co.za





Related posts