
Aanhangers van die bekroonde sangeres HunTer se voete sal begin jeuk as hulle na haar
nuutste Afrikaanse enkelsnit, Damn Sexy, luister.
Dié voete-jeuk-opskop-dansliedjie beloof om luisteraars van alles te laat vergeet. Ja, selfs
van Eskom wat ons in die duisternis hou, van korrupsie en van Julius Malema se nuutste
parlementêre streke.
AANHALING VAN HUNTER: WAAROOR GAAN DIE LIEDJIE? HOE SAL JY DIT BESKRYF?
WAAROM DIE TITEL?
Ons almal is Sexy binne in en ons moet net in ons self glo. Die Liedjie het sommer net een
aand in my kop begin draai, ek het onmiddellik dit neer gepen. Ek is baie opgewonde om
die liedjie met my aanhangers te deel.
HunTer, wat op ‘n kleinhoewe in Benoni grootgeword het, het vir jare net vir haar diere
gesing. “Hulle het my nie geoordeel nie en het oortjie-orent na my liedjies geluister. Dit
terwyl die kinders my gespot het oor my droom – om ‘n bekende sangeres te word,” vertel
HunTer.
Sy het almal op hul neuse laat kyk, want min Suid-Afrikaanse sangers kan daarme spog dat
een van hul liedjies die speellys van New York se radiostasies gehaal het. Sy is ook bekroon
as die beste vroulike sangeres by ‘n sangkompetisie in Texas. “Nie sleg vir ‘n Portugese
meisie van die Oos-Rand nie,” lag sy.
Dié vurige rooikop vertel dat sy sewe jaar gelede tot die Afrikaanse musiekbedryf toegetree
het. “Ek het in daardie stadium al ‘n paar Engelse albums op my kerfstok gehad en het dit
nooit eers oorweeg om in Afrikaans te sing nie. Tydens van my vertonings het die mense
gevra ek moet Afrikaanse liedjies sing en hulle was mal daaroor. Ek het ‘n paar Afrikaanse
liedjies geskryf en dit het op my album Halfway around the world verskyn.”
‘n Afrikaanse enkelsnit, Toe Laat my in, het ‘n paar jaar na haar Afrikaanse debuut gevolg en
sedertdien het sy diep spore in die Afrikaanse musiekbedryf getrap. “Ek is mal oor Afrikaans
en natuurlik is dit ook die sexieste taal in die wêreld,” grinnik sy.
Sy is baie misterieus oor haar geboortenaam. “My naam is HunTer. Dit is wie ek is. Dit is ‘n
sterk naam en veral die hoofletter T laat my uitstaan. Ek is onbeskroomd en uniek.”
HunTer het ‘n sterk sopraanstem wat gekruie is met gesmelte sjokolade. Sy het ook ‘n
natuurlike liedjieskryftalent hetsy in Afrikaans of Engels. Sy sê: Die kuns van liedjieskryf is ‘n
talent van God. Die lirieke kom net na my toe – of dit nou in Afrikaans of Engels is. Soms is
dit net die lirieke. Ander kere is dit die lirieke en die melodieë.
Sy is tans besig om ‘n Afrikaanse album op te neem.
Uitgereik deur: Artists Village / Ferdinand J Steyn-Eicker
Kunstenaar: HunTer Leite
Liedjie: Damn Sexy
Opname en vervaardiging: Sounds Of HunTer Studio’s/Bigg T
Media navrae: Ferdi Steyn-Eicker
Tel: (079) 1455 701
E-pos: ferdi@artistvillage.co.za