
Veganisme is ‘n groeiende verskynsel in kookkuns. The South African Vegan Cookbook is die eerste van sy soort plaaslik. Hier vind jy alles wat jy nodig het vir ‘n veganistiese lewenstyl: van basiese inligting soos die definisie van veganisme, hoekom dit goed is vir jou, antwoorde op algemene vrae, die noodsaaklike toerusting, vegan alternatiewe vir alledaagse produkte, die noodsaaklikhede en hulpbronne om te leer meer. Die familie-vriendelike resepte is maklik om te maak en word gemaak van plaaslik-verkrygde produkte. Hierdie kookboek bevat resepte vir ontbyt, snacks, middagete, tee-tyd, die braai-, vermaak- en laataand feeste.
Dink dekadente sjokoladegranola en oornag hawer, kale skyfies en blomkoolstukkies, koeskoes-slaai, lasagne en roerbraai, asook Suid-Afrikaanse gunstelinge soos melktert, piesangbrood, macaroni-en-kaas en hoenderburgers. En bo alles: sjokolade mousse, datelrolletjies en truffels. Vegan 101 – goed vir jou gesondheid en die planeet.
OOR DIE SKRYWER
Leozette is ‘n konsultant vir Humane Society International, blogger, resep-ontwikkelaar en bemarker vir Green Monday. Sy maak gereeld kookdemonstrasies en korporatiewe kookessies by Ginger & Lime Food Studio en verskyn ook gereeld op Afternoon Expresso.
Volg haar blog by https://ctveganista.com vir nuwe Vegan resepte en idees.
Uitgewer : Human & Rousseau
Druknaam : Human & Rousseau
Publikasie Datum : 14 September
Prys : R315*
Bladsye : 192
Formaat : 230 mm x 210 mm
Bindstyl : Sagteband
Kategorie : Cookery ISBN-13 : 9780798177108
* Prys onderhewig aan verandering
NIE FIKSIE