Toe-val-lig – Amore Bekker

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

BESKRYWING 

Die geliefde en gewilde Amore Bekker se keuse van die beste, soms ongelooflike ware stories van toeval soos uitgesaai op RSG se Middagprogram Tjailatyd. 

Luisteraars van dwarsoor die land deel hul ervaringe van die vreemde toeval wat ons lewens soms so onverklaarbaar kan aanraak. Bekendes, doodgewone mense en sommige wat eerder anoniem wil bly vertel hul stories van die waarheid wat vreemder as fiskie kan wees. 

Amore het net minder as 100 van die beste stories uitgsoek vir ‘n boek wat jou sal laat lag, laat huil, en laat wonder. 

“Toeval is God se manier om anoniem to bly.” – Albert Einstein

OOR DIE SKRYWER 

Amore Bekker is een van die gewildste omroepers op RSG (met sy 1,2 miljoen luisteraars) en landwyd bekend en geliefd. Naas Tjailatyd bied sy ook ‘n program op kykNET aan, en mense voel hulle ken haar persoonlik. Sy het al drie boeke publiseer, al drie topverkopers. Amore Bekker woon in Johannesburg.

Uitgewer :   Tafelberg

 Druknaam :   Tafelberg

Publikasiedatum : 15 September 2018

Prys :    *R235 Bladsye :   224

Formaat :   198 mm x 130 mm

 Bindstyl :   Sagteband

Kategorie :   Leefstyl ISBN13 :   9780624080237 EpubISBN :   9780624080244 MobiISBN :   9780624080251 Uitgawe :   1

 * Prys onderhewig aan verandering

Related posts