Bob Ffole

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Ek sal ‘n eedsverklaring aflê met my handtekening en dit beteken op elke ou wat dink hy verstaan Rock-musiek, want Rock-musiek se definisie is sopas van die musiekrol geskraap. Hierdie is dié nuwe ROCK! Bob Ffole het sy sololoopbaan begin nadat hy vir jare die hoofsanger van die groep Trippple Bypass was, en dit nou met ‘n Afrikaanse album.

Hierdie album gaan grense verskuif en genres bymekaar bring. As ek betoogshoofde moet indien vir hierdie album, sal ek eenvoudig sê; vergeet van “sex, drugs & Rock a Roll” en kom ons argumenteer eerder iets soos “Liefde, diepte en eerlike Rock!”

‘n Album gevul met nuwe liedjies meestal deur Bob geskryf, asook van sy musiekvriende. Van gesoute Rockmusiek tot ballades soos SMAG wat sterk ondersteun word deur klavier – iets wat rookkoprockers nie (kan) wil speel nie. Dis ‘n album gevul met effens ligter Rock-kitaarwerk as waaraan jy gewoond is, met liedjies met lirieke wat dieper is as jou oppervlakkige geskree-in-die-mikrofoon, soos die oumense sou sê. Rock-liedjies, wat jy of kliphard voor duisendes kan uitbasuin op stadions of selfs saggies, laataand na kan luister voor die kaggelvuur. Lanklaas, indien wel, was daar al só diverse album vrygestel wat selfs die nie-rockers se ore sal laat spits.

Bob Ffole, Regsgeleerde van Pretoria, gaan die mark oorrompel met hierdie unieke album. Akoesties-Rock met ‘n man met ‘n boerseunstem wat (eintlik) kán sing en nie in mikrofone skree; wat liedjies sing met goedvoel lirieke. Positiewe lirieke. En lirieke wat jou laat droom. Alles so in kontras met wat jy gedink het jy weet of verstaan van Rock.

Bob Ffole is besig om die land te oorrompel met hierdie unieke album. Nie alleen nie, maar met ‘n span wat bankvas agter hom staan. Manne soos Francois van Coke, Jack Parrow, Richard van der Westhuizen (saam met wie hy ‘Ballade vir ‘n Enkeling’ ‘n splinternuwe baadjie aangetrek het) en nog vele meer gaan verskyn saam met hom hier en daar.

Ek wil sê, with predudice, dat hierdie album grense gaan skuif. Genres gaan saambring waar liefdesliedjies en Rock ‘n skikkingsooreenkoms gaan aangaan en jou hartsnare gaan pluk, nes die snare behoortlik gepluk word op hierdie album.

Bob Ffole is die nuwe naam in ROCK!

En ek appelleer as jy nie hiervan gaan hou!

Ek wil dankie sê vir die Almagtige Vader, sonder wie ek nie dié talente sou hê nie. Aan my ouers wat altyd my ondersteun en my talente  verbeter het. Aan my vrou, dankie vir jou geduld, ondersteuning, hulp,  inspirasie en die liefde wat ek nie altyd verdien nie. Aan my gogga/ blou-oog meisiekind Joey-Belle, jy is jou pappa se vrede, geluk, inspirasie en die liefde wat ek het vir jou is onbeskryflik. Aan Sandra Esterhuizen agent 2000, dankie vir al jou hulp. Jy het die album  veroorsaak. Baie dankie. Aan Johan Kelber… wat ‘n musikant en produksie vervaardiger… Jy het my so baie gehelp om die album te maak wat hy is. Dankie vir al die laat aande gesprekke en werk wat jy in gesit het. Waardeer dit opreg. Aan die musikante wat saam my die pad aangepak het: Amiel Kelber – Jy is al klaar ‘n legend kitaar speller en jy is nog so jonk. Dis ‘n absolute eer om saam jou te speel. Jandre Reynecke, wat ‘n baskitarist. Ek waardeer al jou insette en jou legendariese ritme. Janu Botes: kan ek net sê WOW!. Jy melk die blues uit daai Fender van jou. Travis Johnston: ‘You’re an animal!!!!! I don’t think the world knows this yet, but you are most likely the best drummer in the world. Thanks for being part of this venture.

Aan Slade. Ek en jy kom al jare van kitaar speel, optredes en net goeie tye. Dankie vir al jou moeite met die album ontwerp wat bevange lyk en al jou insette met ‘n oor om te luister en natuurlik daai kick-ass solo op Net woorde. Ek waardeer dit ongelooflik baie. Aan Adel van Saartjie baie dankie dat jy jou amazing stem bygevoeg het op Droomland, Jy het die lied gemaak! Albert Frost dit is die mees ongelooflikste eer om jou kitaar by te kon voeg, jy is ‘n legende en ‘n idool van my. Dan ook aan Robin Auld, wat ‘n absolute kunstenaar en legende. Kan nog steets nie glo ek het jou op die album nie, baie dankie vir jou moeite. Laaste maar definitief nie die minste nie, Ghapi. Jy slaan die dromme soos ‘n ondier en maak die liedjie net ongelooflik, wat ‘n awesome mens. Was net ‘n eer om saam jou te kon speel. Dan aan al my vriende en familie baie dankie vir jul ondersteuning dit beteken die wêreld vir my. En sonder al die ondersteuners is ek nêrens en is jul my rede vir bestaan in die bedryf. Baie dankie aan jul almal. Die enigste ding oor om te sê is: ‘LETS PILLAGE THE WORLD WITH ROCK AND ROLL!!!’

Bob Ffole White Album.indd   4 20

Datum: April 2019

Vir meer inligting, kontak Lydia Winchester:

Tel: 011 475 2187; Sel: 082 554 8453; E-pos: lydiaw@mweb.co.za

Related posts