Heerlike Gebakte Souskluitjies Trooskos vir die Koue

Hierdie heerlike souskluitjies kan met sukses opgewarm word, dit flop net nooit!

Sous

1,5Liter water

300g (375ml) suiker

15 ml botter of margarine

5 ml kaneel

2 ml sout

Deeg

275 g (500 ml, ongesif afgemeet) koekmeel

15 ml bakpoeier

1 ml sout

25 g (30 ml) botter of margarine

2 eiers, geklits

125 ml melk

Kaneel-suiker na smaak.

Voorverhit die oond tot 150  ̊C (300  ̊F). Verhit die water, suiker, botter, of margarine, kaneel en sout saam to kookpunt en kook dan vir 3 minute.

Maak intussen die deeg aan.

Sif koekmeelblom, bakpoeier en soutsaam. Vryf botter of margarine met vingertoppe in die meelmengsel in tot goed gemeng. Meng die eiers en melk voeg dit by die meelmengsel en meng tot ‘n deeg.

Gooi kokende stroop in ‘n groot diep oondskottel met ‘n deksel. Skep desert lepels vol deeg in netjiese hopies in die warm sous, doop elke keervoordat die volgende kluitjie geskep word die lepel in die warm sous om bolletjies makliker te skep.

Strooi ‘n bietjie kaneel suiker bo-oor of net kaneel sonder suiker, sit die deksel op en bak die kluitjies 40 minute. Dien hulle warm op. Resep lewer 6 tot 8 porsies

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →