Kaap, kerrie & koesisters / Cape, Curry & Koesisters Fatima Sydow & Gadija Sydow Noordien

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

In Kaap, kerrie & koesisters neem die tweelingsusters Fatima en Gadija ons op ’n tradisionele KaapsMaleise kosreis wat terselfdertyd ook ’n lewensreis is, want die resepte word saamgesnoer met herinneringe aan hulle grootwordjare op die Kaapse Vlakte en die vroue wat so ’n groot rol gespeel het om ’n liefde vir koskook en bak by hulle te kweek. 

 Die susters glo aan lekker huiskos en resepte wat vinnig, maklik en bekostigbaar is – soos wat hulle geliefde oorlede moeder se kookstyl ook was. Maar die boek bevat ook uithangresepte vir daardie spesiale geleenthede! Wat is dan nou lekkerder as ’n pot tradisionele gheemakerrie, of Fatima se alombekende kerrievis, akni, dhaltjies en piesangbrood? En probeer gerus Gadija se sambals, smoortjies en bredies met die geurigste speserye. Met afdelings soos sop, bredies, poedings, vleis, vis, koeke en gebakis die boek beslis ’n moet vir elke KaapsMaleise lekkerbek – en elkeen wat nog altyd meer wou weet van die KaapsMaleise kookkuns! 

Fatima Sydow and Gadija-Sydow Noordien are like two peas in their deliciously colourful atchar. Their zest for life and genius in the kitchen will persuade everyone to try their hand at samosas or rotis, or ease into Cape Malay cooking with one of Gadija’s delicious smoortjies or Fatima’s more-ish banana loaf.

 Even if you’ve never made curry or koesisters, you will recognise the flavours, just as you will recognise the Cape flavour of the twins’ stories about their beloved mother who taught them to cook; about their dad who loves pumpkin bredie; and about their family’s gatherings.

 Paging through Cape Curry & Koesisters is like settling in for a lekker long visit over tea and biscuits with the twins of the hit TV show Kaap, kerrie & koesisters on VIA.

OOR DIE OUTEURS / ABOUT THE AUTHORS

 Fatima is ‘n ervare huiskok en baie gewild vir haar spyseniering. Haar daaglikse Facebook inskrywings word verslind deur huiskokkie en kosliefhebbers regoor die wêreld. Sy en haar suster Gadija is die aanbieders van die kosprogram, Kaap, kerrie en koesisters op DSTV, kanaal 147.

 Gadija, die brediequeen, is ook ‘n kranige bakster en bekend vir haar snow balls. Sy is ewe tuis in die kombuis en biblioteek as hoofbibliotekaris by Laerskool Seaview in Mitchells Plain. Sy is ‘n aktivis vir letterkunde en het al talle toekennings vir haar rol ontvang.

 Fatima made her first 100-litre pot of curry at the age of 16 and has been sharing her popular recipes ever since. Even before becoming a TV star, she had built up a worldwide following with her Facebook page, Cape Malay Cooing with Fatima Sydow.

 Gadija, the bredie queen, is also known for her tasty heart-shaped romany creams. When she’s not in the kitchen, you’ll find Gadija in the library at Seaview Primary in Mitchells Plain where she is head librarian. She holds a degree in Information Science from UNISA. She’s a literacy activist and has won numerous awards for her role in literacy improvement in her community.

Kontak Jean Pieters by jpieters@nb.co.za of 021 406 3033 vir meer inligting oor die boek en die skrywer 

For more information about the book or its author, please contact Jean Pieters at jpieters@nb.co.za or 021 406 3033

Uitgewer/Publisher: Human & Rousseau

 Publikasiedatum/Publication Date: 12 April 2019

Prys/Price: *R330.00

Bladsye/Pages: 192

Formaat/Format: 280 mm x 215 mm

Bindstyl/Binding: Sagteband / Paperback

 Illustrasies/Illustrations: Ja / Yes

 Kategorie/Category: Kookkuns / Cookery ISBN-13 : 9780798177733 

* Prys onderhewig aan verandering / Prices are subject to change.

Related posts