Leon Gropp op toer!

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

DATUM: 13 Februarie 2019

Leon Gropp is ‘n Pretorianer en het die professionele wêreld van musiek amptelik betree as deel van ’n mansgroep, Hi-5, wat die land platgetoer het en selfs ’n optrede saam met Nataniël gehad in die Royal Albert Hall in London. In 2007 het hy deel geword van die kitaarduo, CH2, wat oor die afgelope tien jaar ’n hele rits toekennings gewen het, waaronder Vonk-, SAMA- en Ghoema-toekennings vir Beste Instrumentele Album, en ook by die grootste feeste in die land opgetree het.  Hy het ‘n Woordtroffee vir sy konsep-album ROOIDAG (NP van Wyk Louw getoonset en gesing) ingepalm gedurende 2018.  Sy eerste solo-enkelsnit, en musiekivdeo vir BAKENLIG is vroeër in 2018 vrygestel en pryk steeds op radiostasies se trefferparades landswyd. Sy tweede enkelsnit, JY IN MY GEDAGTES, is later in 2018 vrygestel en net so goed ontvang. 

Leon het ook gedurende September 2018 by die tydskrif-styl en televisieprogram, Ontbytsake, as aanbieder aangesluit en dit is reeds duidelik dat kykers mal is oor hom.

Vanaf 21 Februarie tot en met 5 Maart 2019 vat Leon die pad en toer vanaf Pretoria tot by die US Woordfees in Stellenbosch met solo optredes sowel as die produksie, WOLKEDANS waarvan hy deel is.  Hierdie produksie is geskep deur Pierre Breytenbach, Leon Gropp en Zander vd Westhuizen en bestaan uit drama en musiek.  Dit open amptelik by die US Woordfees, maar daar sal twee vertonings in Pretoria wees voordat die produksie Stellenbosch toe gaan.

WOLKEDANS vertel die storie van ‘n man wat oppad is om sy verlede te konfronteer.  Onverwagse interaksies met kleurryke karakters bring hom egter voor ‘n keuse:  sal sy verlede hom vashou of sal die eerlike waarheid hom bevry?  Wolkedans is ‘n musiekgedrewe teaterstuk wat lirieke met diepgang en elemente van folk, jazz en kabaret kombineer om gestalte te gee aan die worsteling van ‘n hedendaagse karakter.

Kyk gerus hier na ‘n video-onderhoud oor dié teaterstuk:

TOER DATUMS – WOLKEDANS:

PRETORIA

21 & 22 Februarie (UITVERKOOP)

NG Tygerpoort se enRoute Teater @19:30

R150

Ouderdomsbeperking 2-13 (Taal). 

STELLENBOSCH WOORDFEES

4 Maart 12:00 & Maart 20:30. 

KYKNET Fismer Saal. 

Kaartjies R130 p.p – Kaartjies aanlyn te koop by Computicket: https://online.computicket.com/web/event/wolkedans/1271818459/0/90833679

Ouderdomsbeperking 2-13 (Taal). 

TOER DATUMS – LEON GROPP SOLO:

23 Feb – Snobs Coffee in Trompsburg. Kaartjies: snobscoffeevs@gmail.com / WD by 072 110 7291

24 Feb – Tolbos in Patensie. Info/Kaartjies: http://www.tolbos.co.za/events/

26 Feb – George Arts Theatre. Kaartjies: https://tickets.tixsa.co.za/event/leon-gropp-george

27 Feb – Seeplaas in Grootbrak. Kaartjies: https://tickets.tixsa.co.za/event/leongropp-seeplaas of 0446202409

1 Maart – Ou Meulteater in Paarl. Kaartjies: https://tickets.tixsa.co.za/event/Leon-Gropp-oumeul

Maak seker jy woon een van Leon se vertonings by wanneer hy in jou area optree!

SOSIALEMEDIASKAKELS LEON GROPP

Facebook: https://www.facebook.com/leongropp

Twitter: @leongropp

Instagram: @leongropp

YouTube: https://www.youtube.com/user/leongropp

Web: www.leongropp.com

PUBLISITEIT & BEMARKING

Starburst Promosies

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webblad: www.starburstmusic.co.za

Alani Coetsee – PUBLICISTalani@starburstmusic.co.za / 072 442 6918

Starburst Promotions 
Office: 083 635 4717 
http://www.starburstmusic.co.za

Related posts