22 NOVEMBER 2018

Michael Blignaut se eerste liefdesballade, wat geskryf is deur Vaughan en Nerine Gardiner, het onlangs ook ‘n musiekvideo die lig laat sien. NAGLIG skep ‘n opgewekte vrolikheid in die hart en sy musiekvideo bou daarop voort.
In die video, wat verfilm is in Johannesburg deur Jay Loots en sy span van Fathom Media, word die donkerte verdryf deur verskeie flitsligte te gebruik om die donkernag op te helder. Die video fokus op ‘n paartjie (vertolk deur Clarice Pieterse en Wiehan van Wyk) wat mekaar raaksien in ‘n parkeerterrein en mekaar se geselskap geniet tot waar hulle aan die einde saam na die sterre sit en kyk.
“Dit het ’n sterk boodskap en die koor nooi jou uit om saam te sing. Dis tog waarvan mense hou as hulle ’n liedjie op die radio of televisie hoor.” vertel Michael.
Hierdie musiekvideo beeld die lirieke van NAGLIG uit op ‘n besonderse manier. Indien jy nog nie Michael se musiekvideo gekyk het nie, kyk dit hier: https://www.youtube.com/watch?v=iN5wtT2G5Ks
SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/mich.blignaut
Instagram: @mich.blignaut
Alani Coetsee – PUBLICIST alani@starburstmusic.co.za / 072 442 6918