RNK se Springbok pronk.

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

RNK RNK bestaan uit Reinhard en Karin Herbst. Hulle is ‘n vars Sang Duo vanuit die Vaal Driehoek. Beide hulle sang loopbane begin al meer as 10 jaar gelede maar in 2017 besluit hulle om dit na SA verhoë te neem. Met hulle rasper stemme en Pragtige Harmonies, bekoor hulle die gehore by feeste en funksies sedert dien.

LIEDJIES Reinhard skryf al die liedjies vir RNK en met sy skryf vernuf skryf hy ook in 2018 liedjies vir ander kunstenaars soos Kwaggabees en Ricky Faber. Eie Komposies sluit ook in Nashville in Afrikaans, Karoo, Springbok Pronk, Soen my, Laaste Sente, Totaal Finaal om weereens net ‘n paar te noem.

Nashville in Afrikaans Youtube Skakel https://www.youtube.com/watch?v=VY5mg2B4STg&authuser=0

SPRINGBOK PRONK In die Laaste doodsnikke van ‘n Springbok wat plat getrek word deur ‘n Suid Afrikaanse Jagter, gee die bok sy mooiste aflewering van rug en stert hare wat prontuit reggop staan. Dis ‘n vertoning van trots en eer vir wie en wat hy is.. Ons noem dit die “Pronk” van ‘n springbok.. Dit het my die motivering gegee om die Liedjie “Springbok Pronk ” teskryf en dit in ‘n tyd waar SA Rugby op ‘n mes punt is met al die politiek en unies wat betrokke is en eintlik die laaste bietjie krag uit ons geliefde sport uit trek..

KOMMENTATOR – GERHARD VIVIERS In 1968 Speel die Springbokke hulle vierde toets teen die Britse Leeus op Ellispark. Mannetjie Roux druk die bokke se 248ste drie in ‘n asemrowende spel wat deur die legende Gerhard Viviers uitgesaai word. Ons gebruik die brokkie geskiedenis in ons liedjie om die luisteraars van oud en jonk weer te herinner van die merkwaardige dag!!

Geniet Hom!!!!!

Related posts