Rocco de Villiers wys jou in sy nuwe video – Wat om te dra agter op ‘n bakkie!

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

DATUM:  10 Mei 2019

Van kakie en velskoen tot pelsjas in 3 minute!

Die bekroonde en uiters begaafde pianis, Rocco de Villiers, is terug met ’n splinternuwe musiekvideo, WAT OM TE DRA AGTER OP ‘N BAKKIE.

Die video met die komiese titel, het twee doeleindes. “Dit is eintlik gebaseer op n ware gebeurtenis toe ek na ‘n konsert, in my konsertklere, agter op ‘n bakkie moes ry, omdat die motor waarin ek gereis het, gebreek het. Ek het ook onlangs twee films oor die lewe van twee van die mees ikoniese verhoogkunstenaars van die laaste eeu gesien. BEHIND THE CANDELABRA, wat handel oor die lewe van die mees flambojante en suksesvolle pianis in wereldgeskiedenis, Liberace en die tweede, BOHEMIAN RHAPSODY, wat handel oor die lewe van die musiekgenie Freddy Mercury.  Die video is my tribuut aan hierdie ikone. Vandaar die kroon en pelsjas wat die twee kunstenaars in hulle konserte gebruik en bekend gemaak het,” vertel Rocco.

Die video is in Muldersdrift net buite Johannesburg geskiet. “Ek voel dit pas by die velskoen en kakie – en die landskap is eg Suid-Afrikaans. Die kostuums en die verwerking raak meer en meer ‘wow’ soos ek en die bakkie berg-op beweeg. Die morele waarde van die storie? Hoe meer jy jouself is, hoe makliker is dit om groot hoogtes te bereik,” voeg hy by.

Die enkelsnit en video, WAT OM TE DRA AGTER OP ‘N BAKKIE, is van Rocco se nuutste album, kortbroek, langkouse, wat in 2018 vrygestel is. Die album is deur Murray Lubbe van The Hit Factory vervaardig. Dit is Rocco se veertiende instrumentale album en bou voort op die unieke klavierstyl, eiesoortige komposisies en verwerkings waarvoor hy bekendheid verwerf het.

Kyk die video hier: http://www.youtube.com/watch?v=Cb4WaHX4E24

Koop die album hier:  https://roccodevilliers.lnk.to/KortbroekLangkouse

SOSIALEMEDIASKAKELS:

 PUBLISITEIT & BEMARKING

Starburst Promosies

Gizela Arndt

Sel: 083 399 6869

E-pos: gizela101@gmail.com

Webblad: www.starburstmusic.co.za

Related posts