Samantha Leonard stel derde enkelsnit en video vry!

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

DATUM: 6 Mei 2019

Die gewilde sangeres, Samantha Leonard, het pas haar nuutste enkelsnit en musiekvideo, Vat ‘n Kans, vrygestel. Dit volg op treffers soos ‘n Duisend Keuses en Jou Hart Sal Heel Raak wat steeds baie gewild is onder aanhangers en trefferparades van radiostasies landswyd.

Vat ‘n Kans kom uit my eie pen en hart. Ek het self deur ‘n baie moeilike verhouding gegaan, waar iemand wat ek met my hele hart vertrou het, my baie seer gemaak het. Na so ervaring voel mens soveel emosies, asof mens nooit weer liefde sal kan vind nie. Maar dis altyd wanneer jy dit die minste verwag, wanneer iemand spesiaal in jou lewe kom, jou trane afvee en jou hart weer van vooraf gelukkig maak. Onthou, al het jy seer gekry, vat daai kans, dalk is dit die regte een vir jou,” vertel Samantha. 

Die enkelsnit is deur Muse Productions opgeneem en Ryno Mans van RM Productions, tesame met Samantha, het die regie van die musiekvideo behartig.

Samantha was die brein agter die konsep van die video en die idee was om ‘n persoonlike ervaring uit te beeld in haar lewe soos al haar liedjies op die album doen.

“Die musiekvideo is by twee plekke geskiet. Ons was eerste by die pragtige ALLURE BEAUTY & SPA, ‘n juweel in die hart van Benoni, waar jy my en my vriendinne altyd sal sien regmaak vir ‘n lekker aand uit of voor elke funksie en optrede. Daarna was ons by ‘n private huispartytjie, waar ons as ‘n groter groep bymekaar gekom het, nuwe mense ontmoet het en op die ou einde liefde tussen mekaar vind.  Ons wou baie graag ‘n kar-toneel met ‘n drone skiet, maar ons het skaars begin, toe vlieg die drone in ‘n boom vas, so toe moes ons daardie idee maar laat gaan. Maar als het op die einde toe mooi uitgewerk,” voeg Samantha by.

Kyk die video hier: https://youtu.be/w_L8jJrTD7A   


Aanhangers kan uitsien om ‘n heel ander kant van Samantha te sien as kunstenaar in hierdie musiekvideo. Maak seker jy kry die liedjie en gaan kyk die video. Vat ‘n Kans!

Vat ‘n Kans is een van die liedjies op Samantha se album, ‘n Duisend Keuses, wat  beskikbaar is op alle digitale platforms:

https://ElectromodeZA.lnk.to/nDuisendKeusesAlbumPR

SOSIALE MEDIA SKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/samanthaleonardofficial/

Twitter: @samleonard_1

Instagram: @samanthaleonard_artist

PUBLISITEIT & BEMARKING

Starburst Promosies

Gizela Arndt

Sel: 083 399 6869

E-pos: gizela101@gmail.com

Webblad: www.starburstmusic.co.za

Related posts