Samantha Leonard stel nuwe musiekvideo bekend!

DATUM:  11 Februarie 2019

Samantha Leonard se tweede enkelsnit, Jou Hart Sal Heel Raak, is onlangs vrygestel en nou volg die musiekvideo vir hierdie treffende ballade. Die lied is geskryf deur die uiters talentvolle Vaughan en Nerine Gardiner.

Kyk die video hier: https://www.youtube.com/watch?v=zDThe5v5d5w

Die musiekvideo is by Amorosa, aan die voet van die majestieuse Magaliesbergreeks, tussen Pretoria-Noord en Hartebeespoortdam, geskiet. Ryno Mans van RM Productions het die video geskiet en Samantha het die konsep uitgedink en die regie behartig. 

“Ek vertolk die diep lirieke van Jou Hart Sal Heel Raak in ‘n asemrowende trousaal, asook buite tussen die bergreeks by ‘n klavier, terwyl water oral op en om my afstroom. Die mooi natuur  met die berge in die agtergrond was vir my die perfekte plek om die boodskap oor te dra dat ons altyd die mooi in die lewe moet probeer onthou, al dra ons soveel seer saam ons elke dag,” verduidelik Samantha. 

“Dit was nogal ‘n uitdaging op die dag. Ons het net ‘n uur gehad om die klavier gedeelte buite te skiet met die sonsondergang en ons kon net 30 sekondes op ‘n slag skiet voor die kragopwekker ingegee het. Ons moes 6 minute tussen elke skoot wag vir die kragopwekker om weer aan te skakel. Asof dit nie uitdagend genoeg was nie, moes ons nog kompeteer met beurtkrag ook! Maar dit was als die moeite werd,” vertel Samantha verder. 

Samantha Leonard se debuut-album word op 1 Maart 2019 uitgereik.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/samanthaleonardofficial/

Twitter: @samleonard_1

Instagram: @samanthaleonard_artist

PUBLISITEIT & BEMARKING

Starburst Promosies

Gizela Arndt

Sel: 083 399 6869

E-pos: gizela101@gmail.com

Webblad: www.starburstmusic.co.za

Alani Coetsee – PUBLICISTalani@starburstmusic.co.za / 072 442 6918

Starburst Promotions 
Office: 083 635 4717 
http://www.starburstmusic.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →