Ted Bundy Fliek in Suid-Afrikaanse teaters vanaf 3 Mei 2019!

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Die splinternuwe rolprent oor een van die mees berugte reeksmoordenaars van alle tye, Ted Bundy, open eersdaags in plaaslike teaters landswyd.

EXTREMELY WICKED, SHOCKINGLY EVIL AND VILE word versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en sal by plaaslike bioskope begin draai op 3 Mei 2019.

Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=CtXEcBz3Go0

In EXTREMELY WICKED, SHOCKINGLY EVIL AND VILE, vertel die Emmy-bekroonde en Oscar-benoemde rolprentregisseur, Joe Berlinger, en draaiboekskrywer, Michael Werwie, die storie van Ted Bundy vanuit sy meisie, Liz Kloepfer, se oogpunt. Sy het vir jare geweier om die waarheid oor sy misdade te glo. Die rolprent spog verder ook met ’n indrukwekkende rolverdeling, wat hartebreker Zac Efron (The Greatest Showman) in die rol van Bundy, Lily Collins (Rules Don’t Apply) as Liz en die bekroonde The Big Bang Theory-ster, Jim Parsons, as staatsaanklaer Larry Simpson insluit – om maar net ’n paar te noem.

EXTREMELY WICKED, SHOCKINGLY EVIL AND VILE se fokus is nie om gewelddadige moordtonele weer te gee nie, maar eerder te delf in die charismatiese kant van Ted Bundy wat hy skaamteloos misbruik het om die vertroue van sy slagoffers, vriende en familie te wen. Wanneer hy uitgevang word, word sy meisie se perfekte gesinslewe verpletter soos wat die bewyse ophoop en sy besef dat sy hom nooit regtig geken het nie.

Zac Efron wat die rol van dié sluwe karakter op die grootskerm speel, sê: “Ek het gevoel dat dit my plig is om seker te maak dat hierdie fliek nie vir Ted Bundy en wat hy gedoen het vier nie. Wat ek wel wou bereik was om ’n sielkundige studie weer te gee van wie hy was, want daar lê waarheid daarin.”

Na die bekendstelling van die fliek vroeër vanjaar by die Sundance-rolprentfees, is Efron geprys vir sy knap vertolking van hierdie Amerikaanse reeksmoordenaar, wat erken het dat hy dertig vroue in verskillende state vermoor het. Die akteur moes ook ’n redelike groot transformasie ondergaan vir die rol en 6kg afskud om soos Bundy te lyk. As deel van sy navorsing, het die ster ook met ’n paar mense gesels wat vir Bundy geken het. “Baie van hulle was geskok,” sê hy. “Hulle kon nie glo dat hierdie aangename, intelligente, kalm individu verantwoordelik was vir sulke gruwelike misdade nie. Dit maak hom net nog meer fassinered, omdat hy regtig geliefd was – selfs deur diegene wat saam met hom in die tronk was.”

Omdat die prent die tema aanraak van ’n vrou wat in haar kêrel se onskuld glo, het dit ’n emosionele ondertoon waarmee almal kan vereenselwig en jou vir ’n oomblik toelaat om met ander oë na Ted Bundy te kyk.

Lily Collins, wat die rol van Liz speel, smoor gerugte dat die fliek probeer om Bundy se verhaal te romantiseer in die kiem wanneer sy erken dat sy gesukkel het om in karakter te kom vir die rol. “Ek het eintlik nagmerries gehad tydens die voorbereiding vir hierdie rolprent,” deel sy.

“Vir my was vir dit belangrik om met fliekgangers te deel dat diegene wat kwaad doen dikwels gewone mense is. Dit is presies wat Bundy ook aan die einde van die fliek sê: ‘Moordenaars kom nie uit donker hoekies, met kwylende bekke nie. Mense besef nie eers dat daar misdadigers tussen hulle is nie. Die mense wat jy elke dag sien, en selfs liefhet, kan die wreedste monsters wees waaraan jy ooit kan dink.’ Ek dink dat dit die ware definisie en natuur van boosheid beklemtoon – iets wat moeilik is om te verduidelik en dikwels baie banaal en teenstrydig is,”  sluit Berlinger af.

Lys van teaters:

Ster Kinekor 

Bedford Square

Cedar Square

Cresta

Rosebank Nouveau

Sandton

Garden Route

Gateway

Watercrest

Brooklyn Nouveau

Cradlestone

Kolonnade

Blue Route

Tygervalley

V&A Nouveau

NuMetro 

Bedfordview

Canal Walk

Hyde Park

Parkview

PavilionV&A Waterfront

Independent 

Epic Mall@Reds

Epic Northridge

Midlands Cine Centre

Movies@Monte

Suncoast Cine Centre

Whale Coast Theatre

SOSIALEMEDIA

Vir meer inligting oor EXTREMELY WICKED, SHOCKINGLY EVIL AND VILE, insluitend die amptelike lokprent, hou ons Facebook-blad dop of volg ons op Twitter by @NutsAboutMovies en gebruik die hutsmerk #EWSEVMovieSA om oor die fliek te gesels.

INTERNASIONALE SKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/ExtremelyWickedShockinglyEvilAndVile/

Twitter: @ExtremelyWicked

Instagram: @extremelywickedshockinglyevil

PUBLISITEIT EN BEMARKING

Starburst Promosies

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

                                                             
STARBURST PROMOTIONS
Alani Coetsee – PUBLICIST

Related posts