
Die 8ste kykNET Ghoema Musiektoekennings is Woensdagaand in ‘n
koue Pretoria by die swierige Sun Arena by Sun Time Square uitgedeel. Die
kykNET Ghoemas bring elke jaar die grootste rolspelers in die musiekbedryf
bymekaar om vrystellings van die 2018-kalenderjaar te bekroon.
Vanjaar het die vroue oorheers, met Demi Lee Moore en Tarryn Lamb wat
onderskeidelik vier en drie toekennings gewen het. Demi Lee se trefferliedjie
“Mis Eet Slaap Herhaal” het Gewildste Liedjie van die Jaar en Beste Musiekvideo
gewen, en die gelyknamige album is as Beste Pop-album deur ’n Vroulike
Kunstenaar en Topverkoper van die Jaar bekroon. Tarryn is aangewys as Vroulike
Kunstenaar van die Jaar en haar album Mal
Oor Jou is aangewys as die Beste Kontemporêre Album deur ’n
Vroulike Kunstenaar, asook as Album van die Jaar.
Hiermee die volledige lys wenners:
Nuweling van die Jaar
Ivan Roux – Daai
Ding
Beste Komposisie van die Jaar
“Mis Eet Slaap Herhaal” – Demi Lee Moore (Skrywer: Johan
Oberholzer)
Beste Hip Hop Liedjie van die Jaar
“Ben Ten” – Early B (Skrywer: Early B)
Beste Pop-album Deur ’n Manlike Kunstenaar
Sous –
Snotkop
Beste Pop-album Deur ’n Vroulike Kunstenaar
Mis Eet Slaap Herhaal
– Demi Lee Moore
Beste Kontemporêre Album Deur ’n Manlike Kunstenaar
Liefdegenerasie
– Refentse
Beste Kontemporêre Album deur ’n Vroulike Kunstenaar
Mal Oor Jou
– Tarryn Lamb
Beste Album deur ’n Duo of Groep
Bewe –
Adam
Beste Geestelike Album
S1ng –
S1
Beste Kinderalbum of –DVD
Buster & Bella en die Agt
Talente – Buster & Bella
Beste Alternatiewe Album
Die Liefde Album
– Jan Blohm
Beste
Rock-album
Die Middernagtrein
– Piet Botha
Beste Hip Hop-album
Al Jerome
– Jerome Rex
Beste Boere- of Tradisionele-musiekalbum
Tuisgebak
– Brian Nieuwoudt & Fred Rheeder
Beste Instrumentele Album
Joy –
Lizelle Le Roux
Beste Musiekvideo
“Mis Eet Slaap Herhaal” – Demi Lee Moore (Regie: Christian
Wolf, Brickwolf Creatives)
Beste Liedjieskrywer: Solo
Pietman Geldenhuys
Beste Liedjieskrywer: Samewerkingsgroep
Francois Henning en Dirk Van Niekerk
Beste Vervaardiger:
Solo
Robin Kielly
Beste Vervaardiger: Samewerkingsgroep
Elvis Blue en Juan ‘Floors’ Oosthuizen
Mees Afgelaaide Album van die Jaar
Die Liefde Album
– Jan Blohm (Vervaardigers: Jan Blohm / John Masser / Francois Kleynhans
/ Tertius Human / Kobie Koen [Vonk Musiek])
Mees Afgelaaide Liedjie van die Jaar
“Die Sluise van die Hemel” – Robbie Wessels en Bok Van Blerk (Skrywer: Robbie
Wessels)
Mees Gestroomde Album van die Jaar
Aangename Kennis – Early B (Vervaardiger: Vougan Fourie)
Mees Gestroomde Liedjie van die Jaar
“Die Sluise van die Hemel” – Robbie Wessels en Bok Van Blerk (Skrywer: Robbie
Wessels)
Publiek se Gunsteling Manlike Kunstenaar
Manie Jackson
Publiek se Gunsteling Vroulike Kunstenaar
Jennifer Zamudio
Publiek se Gunsteling Duo of Groep
Vatvas Dansorkes
Gewildste Liedjie van die Jaar
“Mis Eet Slaap Herhaal” – Demi Lee Moore (Skrywer: Johan
Oberholzer)
Ere-toekenning: Lewensbydrae
The Rockets
Ere-toekenning: Lewensbydrae
André Schwartz
Ere-toekenning: Beste Verkoper
Mis Eet Slaap Herhaal
– Demi Lee Moore (Vervaardigers: Juan ‘Floors’ Oosthuizen / Murray Lubbe
/ Robin Kielly)
Groep van die Jaar
Adam
Manlike Kunstenaar van die Jaar
Snotkop
Vroulike Kunstenaar van die Jaar
Tarryn Lamb
Album van die Jaar
Mal Oor Jou
– Tarryn Lamb (Vervaardigers: Juan ‘Floors’ Oosthuizen / Danny Smoke /
Robin Kielly / Crighton Goodwill / Murray Lubbe / Arnold Coleske / Paulo
Azevedo)
Die kykNET Ghoema Musiektoekennings word op Saterdag 20 April om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 uitgesaai. Die bloutapyt word op Sondag 21 April om 18:30 op kykNET NOU!, DStv-kanaal 146 uitgesaai met ’n heruitsending van die toekennings wat direk daarna uitgesaai word.
Gebruik die #Ghoemas-hutsmerk op Facebook, Twitter en Instagram om op hoogte te bly, of om net saam te gesels.
Fotos van die aand.




















