John Rock Prophet – Platteland

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Deurdringbaar en diep se toegang was nog nooit gesluit nie, veral nie wanneer ‘n jongman met sy sak vol drome van uit Namibië kom om die profeet van Rock te wil word nie. John Rock Prophet het op die ouderdom van 12 sy pa se aanbod aangegryp nadat hy eers ‘n liedjie op ‘n vriend se kitaar moes leer speel het, voor hy sy eie een mag gekry het. Ja, die rooi Ford Cortina is winkel toe met ‘n opgewonde seuntjie op die agtersitplek om sy houtliefde met blonde snare te gaan haal waarmee hy deesdae die land aan verwondering het met sy diep lirieke en ligte, rock kitaarverwerkings.

Sy nuwe album, Platteland is gevul met sielsmusiek. Lirieke oor die liefde, die lewe en meestal gesprekke met jouself. Sy gebruik van trekklavier, kitaar, fluite en banjo’s maak hierdie ‘n musikale digbundel; tydloos nes woorde wat vlerke gegee word en ewig sal bly vlieg en gaan sit in die hart wat wil luister.

Sy musiek wissel van verskillende genres en liedjies wat beslis treffers gaan word, is ‘Platteland’. ‘n Liedjie wat jou laat verlang, maar ook tuis laat voel. Dan is daar ‘Karlien’ – ‘n liedjie oor die potensiaal wat vas steek in ‘n jong vrou se oë, maar word net gesien deur die wat van buite af, na binne kyk. ‘Oud word saam met jou’ is digkuns op maat van note wat die hart sing van ‘n jongmens wat besluit om sy of haar lewe te wy aan ‘n ander – vir ewig.

Hierdie album is vir musiekliefhebbers wat van musiek hou wat die hart aanraak, laataand jou laat wegvoer voor ‘n kaggel wat knetter of net die langpad, rustig maak en jou gedagtes wegvoer en laat dink. Dinge wat jy nie altyd self oor sou sit en wonder.

Sy stem is rou een eerlik met ‘n rustige deining van sy asem oor diep lirieke, gerugsteen deur warm snare van ‘n kitaar wat soos rooi bloeisels sy woorde omvou – kan ons beslis John Rock Prophet die profeet van die rocker se siel noem, want as jy eers na hom geluister het, gaan jy terugkom om jou siel weer en weer te voed. Sy talent is onmisbaar.

MEDIAVRYSTELLING

Datum: Mei 2019

Uitgereik deur: REAL Musiek

Vir meer inligting, kontak Lydia Winchester:

Tel: 011 475 2187; Sel: 082 554 8453; E-pos: lydiaw@mweb.co.za

Related posts