Junie 2019 HOOGTEPUNTE Jeugmaand op kykNET

kykNET vier Jeugmaand dié Junie met ‘n verskeidenheid van flieks spesiaal vir die jongklomp, maar ook vir dié jonk van gees. So maak seker die gesin is Saterdae 20:00 voor die TV om ‘n aand van fliekgenot te geniet.


Ons skop die maand af met Vaselinetjie op 1 Junie. Vaselinetjie vertel die verhaal van Helena ‘Vaselinetjie’ Bosman, ’n wit dogtertjie, wat deur haar liefdevolle bruin grootouers op ’n afgeleë plattlendse dorpie in die Noord-Kaap in Suid-Afrika grootgemaak word. Wanneer die welsyn egter uitvind dat Vaselinetjie nie die egpaar se biologiese kleinkind is nie, gryp hulle in en besluit om Vaselinetjie na ’n staatsweeshuis in die verre Johannesburg te stuur.
Vaselinetjie is ’n storie oor die definiëring van die betekenis en oorsrpong van ’n mens se identiteit en ras in die warboel van post-Apartheid Suid-Afrika.


Skakel 8 Junie in vir Die Pro wat die verhaal vertel van ‘n jong branderplankryer, Tiaan Nothnagel, wat met die ontydige dood van sy beste vriend te doen kry, kort voor hul laaste jaar op hoërskool. Hy besluit om nooit weer branderplank te ry nie, maar sy oorlede vriend se suster vra hom om haar te leer branderplank ry.


Daarna volg die fliek, Nul is nie Niks nie op 15 Junie. Hoender word onverwags vriende met die buurseun, Drikus, wat aan Hodgkins se siekte ly. Sy laaste droom is om ’n zombiefliek te maak. Hoender en Chris help hom om dit te bewaarheid. Dit word beskryf as ‘n hartsverhaal oor die lewe, die dood, familie, vriende, liefde en hoop (en ‘n paar hoenders).


Die bekroonde fliek, Meerkat Maantuig, is 22 Junie op die spyskaart. Gideonette de la Rey glo vas aan ’n sogenaamde familievloek wat op haar naam rus. Ná haar pa se dood word haar ergste vrese bewaarheid en haar ma stuur haar na haar grootouers waar ’n wonderlike verbeeldingswêreld vir haar oopgaan. Hier bevriend sy ’n dowe seuntjie met die naam Bhubesi wat droom daarvan om ’n ruimtereisiger te word. Ná nog ’n teleurstelling oor haar pad kom, kom Gideonette voor ’n groot keuse te staan.


Ons sluit die maand se fliekgenot af met Jou Romeo op 29 Junie. Twee gedetermineerde drama-entoesiaste van Hoërskool Monument in Krugersdorp gaan uit hul pad uit om hulle Shakespeare droomproduksie ‘n realiteit te maak, maar met onverwagse nagevolge.

DStv 144 kyknet.dstv.com


Die Spreeus
Dinsdae om 20:00
Laaste episode: 2 Julie
Met Chris Vorster, Sandi Schultz en Monique Rockman
kykNET, DStv-kanaal 144
Die Spreeus is ’n bonatuurlike riller-reeks waarin twee onverskrokke speurders van die Spreeusondersoekeenheid – Bas Koorts en Beatrice Mack – elke week ’n ander fenomeen ondersoek en misdaad se spoor tot in ander wêrelde volg.
4 Junie
Die verfynde Marthinus en sy kuiergat bure sit knaend vas. Wanneer hulle hond dood in die agterplaas aangetref word, word dit ‘n saak vir die polisie. Die Spreeus besluit om self in die huis te oornag, en die stryd teen ‘n nuwe ongedierte dreig om hulle ondergang te word.

11 Junie (Deel 1)
‘n Realiteitsreeks in ‘n spookhuis neem ‘n nare draai wanneer een van die deelnemers, Lea, beweer haar lewe word bedreig. Die Spreeus bestee onder protes ‘n nag in die huis. Hulle ontdek dat die gevaar nie net vir Lea bedreig nie, maar almal daarbinne.

18 Junie (Deel 2)
Wanneer die vervaardigers van die realiteitsreeks aankondig dat die deelnemers met die spooke moet praat, word deure oopgemaak wat dalk liewer geslote moes bly. Bas en Beatrice doen hul bes om die deelnemers te beskerm, terwyl ‘n vreesaanjaende leër van spoke hul wraak kom opeis.

25 Junie
Langs die enigste spruit in ‘n dorre klein dorpie, verdwyn ‘n jong meisie. Haar ouers, en die gemeenskap, beweer ‘n legendariese “waterslang” het haar ontvoer. Bas en Beatrice vind dat die desperate inwoners, gebukkend onder die droogte, nie ewe gretig is om met hulle te praat nie.

2 Julie
Twintig jaar ná hy die land moes verlaat, keer die bendebaas Shaun Vink terug van oorsee. Sy dogter se lewe is in gevaar, en die enigste verdagte is Lou, ‘n skim uit sy verlede. Bas en Beatrice ontdek dat Lou se euwels veel verder strek as dwelms en verleiding.

Maak My Famous
Donderdae 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144
en 21:00 op kykNET&kie, DStv-kanaal 145
Groot finaal: 11 Julie
Met Emo Adams as aanbieder en Tarryn Lamb as mede-aanbieder
‘n Talentkompetisie soos nog nooit tevore! Emo Adams saam met die kykers gaan een gelukkige mens famous maak. Die prys? ‘n Jaarlange toer met Emo en All Stars Productions & Records.

6 Junie
Hierdie week se tema is Trots Suid-Afrikaans en die Top 9 doen hulle bes om die gehoor se Mzanzi-hart warm te laat klop. Die legendariese PJ Powers kuier saam.
13 Junie
Die Top 8 bring hulde aan klassieke Afrikaanse liedjies en die gehoor moet weereens besluit wie huis te gaan en wie in die kompetisie gaan bly. Met ‘n spesiale optrede deur Jack Parow.

20 Junie
Die Top 7 sing liedjies wat vrygestel is in hulle geboortejaar. Die Grammy-bekroonde groep ALL-4-One en Sasha-Lee Davids verras ook die gehoor met hulle grootste treffer.

27 Junie
Dit is tyd vir die finaliste om te wys dat hulle kan kersvashou met meer gevesdigde kunstenaars. Emo groepeer die Top 6 met bekendes en die gehoor moet weer een finalis huis toe stuur.

*Die groot finaal vind 11 Julie regstreeks vanaf die Grandwest Casino in Kaapstad plaas. Hou kykNET se webblad dop oor inligting vir kaartjieverkope.

Die Siener
Woensdae 20:00
Laaste episode: 24 Julie
Met Gerald Burger
kykNET, DStv-kanaal 144
Die heldersiende, Gerald Burger, wat reeds jare gelede die Lainsburg-vloede van 25 Januarie 1981 vooraf korrek voorspel het, is vanaf 24 April deel van kykNET se nuwe werklikheidsreeks, Die Siener. In dié program gaan hy mense met verskillende kwessies help – van mense wat afgesterf het en nie kan aanbeweeg nie, tot bonatuurlike verskynsels wat inwoners teister.

5 Junie
Gerald is in Kaapstad en maak onder ander ‘n draai by die blommemark in Adderley straat waar hy ‘n paar blommeverkopers verstom laat. By die bekende Kasteel de Goede Hoop ontmoet hy Shamir Robertson, ‘n toergidse wie op soek is na bevestiging vir van die Kasteel se bekenste spooklegendes. Kort voor lank sou hy meer kon bevestig as wat hy verwag het…
12 Junie
Die sangeres, Rea le Roux, besoek Gerald oor haar oorlede ouma en wil by hom uitvind of sy self op die regte pad is. Wynie Strydom, voormalige spanbestuurder van die Blou Bulle, maak ‘n draai om uit te vind of daar hoop is vir Suid-Afrikaanse rugby. Later die dag onthaal Gerald Burger ‘n paar interessante mense by een van sy bekende huispartytjies.
19 Junie
Chris Baartman se pa is vroeg oorlede en sy ma skielik dood in hospitaal. Hy besoek Gerald om uit te vind wat werklik met haar gebeur het. Die bekende privaatspeurder Mike Bolhuis besoek Gerald om uit te vind of hy werklik sy sout werd is. Later die aand gaan lê Gerald besoek af by Alisha en haar man Hannes se huis waar hulle vermoed hulle oorlede seun steeds dwaal.
26 Junie
Die medium, Marietta Theunissen van Die Ander Kant faam kom kuier by Gerald en gee sommer advies voor sy volgende spookjag. Hierdie keer is dit by ‘n huis waar ‘n man al vir 20 jaar met ‘n onsigbare gedaante bly wat gereeld in sy huis amok saai. Baie het al probeer om hom te help, sal Gerald suksesvol wees?

Die Ware Naarheid
Woensdag 20:30
Laaste episode: 17 Julie
Met Schalk Bezuidenhout as aanbieder en Ernst Grundling, Piet Matipa en Bibi Slippers as korrespondente.
kykNET, DStv-kanaal 144
Die Ware Naarhei is ’n satiriese nuusprogram, aangebied deur die komediant Schalk Bezuidenhout en sy korrespondente, Erns Grundling en Bibi Slippers, met Piet Matipa wat aansluit by die span.

In tipiese TV-nuussatire-styl word die nuus van die week die grap van die jaar. Van ‘n ernstige politieke skandaal tot ‘n lawwe insident op ‘n klein dorpie: Die Ware Naarheid kyk niks mis nie en maak biltong van elke heilige koei. Ja, dit beteken wel dat knoppies gedruk word (en ons bedoel dit nie net figuurlik nie).

Junie se gaste:
5 Junie – Lourensa Eckard
12 Junie – Schalk Bezuidenhout Snr
19 Junie – Loyiso Madinga
26 Junie – Kabous Meiring

Tyd met Aleit
Woensdae 18:00
Laaste episode: 26 Junie
Met Aleit Swanepoel as aanbieder
kykNET, DStv-kanaal 144
Trou- en funksiebeplanner Aleit Swanepoel is terug vir ‘n vierde reeks van die immergewilde reeks, Tyd met Aleit. Soos met vorige reeks wys Aleit vir kykers hoe enige geleentheid in ‘n elegante geleentheid omskep kan word.

Kwêla-aanbieder, sanger, sportkommentator en radio-omroeper, Johnny Davids, ontvang Aleit dié week. Die tafel kom reguit uit die Namibduine en plastiekvrye inkopies is hoog op die trendlys.

12 Junie
Mej. SA van 2018, Tamaryn Green, is net so mooi soos die blombedekte tafel wat Aleit vir haar dek. En as neiging, is die Maropeng-sentrum in die Wieg van die Mensdom die besoek werd.

19 Junie
Protea-netbalspeler en borrelende Kwêla-aanbieder, Vanes-Mari Proudfoot, kuier saam met Aleit by haar huis in Blouberg. In egte Marie Kondo-styl kyk Aleit ook hoe om georganiseerd te leef.

26 Junie
Die talentkompetisie Maak My Famous se aanbieders, Emo Adams en Tarryn Lamb klets dié week saam voor die kaggel. Die geselskap word afgerond met denimdekor, plaatkoekies en warm sjokolade.

Op die Spel
Donderdae 18:00
Groot finaal: 3 Julie
Met Rian van Heerden as aanbieder
kykNET, DStv-kanaal 144
Jacaranda FM-aanbieder Rian van Heerden is weer die aanbieder en Gerhard van Huyssteen die taalkenner van kykNET se gewilde spel- en taalspeletjieprogram. In hierdie reeks is daar egter ’n kinkel in die kabel: hoërskooldeelnemers gaan die geleentheid kry om mekaar die stryd aan te sê en swaarde te kruis.

3 Junie
Die eerste semifinaal het aangebreek met die graadagts wat koppe stamp. Een leerder in hierdie episode sal sy/haar plek in die finaal verseker.

10 Junie
Die taalkryt is gereed, en die graadnegesemifinaliste staan reg om mekaar die stryd aan te sê. Daar is net een plek in die finaal – wie gaan die gelukkige leerder wees om daardie plek los te slaan?
17 Junie
Dis die semifinaal van Op die Spel en die graadtienleerders staar mekaar vierkantig in die oë. Die wenner van hierdie episode gaan dit in die finaal uitskrum, waar opwindende pryse vir die oorwinnaars wag.
24 Junie
Dis die laaste semifinaal in die reeks, wat beteken daar is nog net een plek in die finaal beskikbaar. Dis die graadelfs en -twaalfs wat dit hierdie week uitspook voor die groot uitspeel om die titel aanbreek.
3 Julie
Hierdie is die finale episode van Op die Spel. Na dertien weke staan vier van die land se beste spellers reg om teen mekaar mee te ding om met groot pryse weg te stap.

Leef jou Reis
Begin Maandag 8 April 18:00
Laaste episode: 1 Julie
Met Gerrie Pretorius
kykNET, DStv-kanaal 144
In Leef jou Reis verken Gerrie Pretorius unieke reisbestemmings wat hom na aan die hart lê en gee wenke vir diegene wat hierdie bestemmings ook wil besoek.
*Skryf in vir die Leef jou Reis-kompetisie en staan die kans ‘n rits pryse te wen.

3 en 10 Junie
Die slagvelde van Natal: Ons klim opdie trein vir ‘n historiese rit na KwaZulu-Natal waar ons die eens magtige koninkryk van die Zoeloes besoek en die gebeure rondom die aankoms van die Voortrekkers en die anglo-Zoeloe oorlog. Jy volg die oorlog en besonderse deel van ons geskiedenis intens van voor tot agter en maak ons ook ‘n draai by Umgungundlovu en Bloedrivier. Die 4×4 is ook gepak wanneer ons jou die oudste natuurreservaat van Suid-Afrika wys. Hierdie is voorwaar ‘n program vir die fynproewer.
17 Junie
Ons leer ken die Russe en hulle kos en kultuur van nader! Van tradisionle musiek en danse tot natuurlik die alombekende vodka! ‘n Bootvaart op die Neva rivier is ook op die spyskaart. Ons wys jou alles wat jy moet weet as jy die stad wil besoek.

24 Junie
Vanaand is dit van die Kremlin tot die Rooi Plein en selfs ‘n vreemde seksmuseum wat op jou wag! Ons vat die fietse en ontdek dat daar selfs bunkers onder die stad se strate is en bekyk die Russe se fasinasie met ruimtevaart. Weereens sal daar sekerlik hier en daar ‘n vodka gesluk moet word…en dan moet ‘n man seker ‘n tenk ook gaan ry?



Kwêla
Sondae 18:00
Met Hannes van Wyk as aanbieder
kykNET, DStv-kanaal 144
Die bekroonde joernaalprogram Kwêla se eerste uitsending was op 17 November 1999, en die span het sedertdien gesorg vir ’n uur vol wetenswaardighede, inspirasie en humor. Van Musina tot Kaap Agulhas, en van Alexanderbaai tot Port St John’s – Kwêla was al daar, en gaan weer soontoe om die merkwaardige mense van ons land se stories te vertel.
2 Junie
Ons vlieg helikopter saam met die oud-Protea krieketspeler, Boeta Dippenaar, leer ken die Karoo-ma, arbeidsterapeut en sangeres, Leani Reynolds van nader en maak ’n draai by die Gerbers van Wellington se treinstasiehuis vol verrassings. Ons ontmoet ook ’n Nederlandse egpaar wat stroopsoetwafels gebruik om gestremdes te bemagtig, en dan kom vertel 94.7 se LUCKY DU PLESSIS sy ongelooflike grootwordverhaal op die bank.
9 Junie
Hannes gesels aan huis met die Afrikaanse teater –en TV-legende, Sandra Prinsloo, ons gaan proe aan Namibië se unieke !nara-vrugte en ontmoet Eloise Webb, die nuutverkose vrouespringboksewespeler. Dan gaan kyk, en proe, ons die rare en peperduur lekkernye op die Mosbec Truffle plaas, en Nic Dreyer vertel op die bank hoekom Ashton Kutcher én Prins Harry sy veldskoene dra.

16 Junie
Die elfjarige dromsensasie, Dominic McNabb, pronk met sy musiektalente by Early B. Ons kry swemlesse by Sanderina Kruger, die 69-jarige wêreldkampioen, gaan grawe juwele in Namibië se woestynsand en sien hoe Normie Eckard avonture gebruik om goeie dade te verrig. Dan kondig ons 2019 se Kwêla Dorp van die Jaar aan!
23 Junie
Hannes gesels op die bank met Annelisa Weiland en Brümilda van Rensburg oor die splinternuwe televisiereeks waarin hulle saamspeel – Lui maar op, Belinda. Ons beloer Dawie Fouerie se pragtige skilderye en die tragiese storie wat daarmee saamgaan, kyk hoe word die wêreld se grootste kombers aanmekaar gesit, en Hannes kuier aan huis by die legendariese Denise Newman. Dan gallop ons saam met een van die laaste troppe wilde perde naby Kaapsehoop.

Tuks Camerata: 50 Jaar van Goue Oomblikke
2 Junie 10:30
kykNET, DStv-kanaal 144
Dis ʼn verhaal wat met musiek aanmekaar gesit is, maar wat deur mense vertel word. Die storie van die Universiteit van Pretoria Camerata wat terugkyk op vyftig jaar van goue oomblikke.

kykNET&kie DStv-kanaal 145 is ’n verskeidenheidskanaal wat beskikbaar is op die DStv Family-, Compact-, Extra- en Premiumpakkette. Die kanaal bied outentieke kykgenot vir die hele gesin asook eksklusiewe inhoud wat nog nooit vantevore op lug gesien is nie.

Arendsvlei
Maandae – Woensdae 20:00
kykNET&kie, DStv-kanaal 145
Met Jolene Martin, Melanie Du Bois, Crystal-Donna Roberts, Sherman Pharo, Gretchen Ramsden, Rehane Abrahams, Kay Smith, Roberto Kyle en Celeste Matthews
3 Junie : Anton is ontmoedig met sy studies omdat Nicolene nie saam met hom matric afskeid toe wil gaan nie, en Hein probeer ingryp. Beatrice en Hamilton het a lekker tydjie saam en dinge raak vurig. Wendy probeer uitryk na Pieter maar hy gee haar ‘n ultimatum.
4 Junie : Gertie is baie nuuskierig oor Beatrice se nuwe vriendskap met Hamilton Wolfe. Dinge gaan beter met LeeRoy, en Ronel gee vir Wesley toestemming om ‘n besoek af te le in die hospitaal. Chris jok vir sy broer Emile, oor Sam.
5 Junie : Lee-Roy se gesondheid verswak, en Wesley glo dit is sy skuld. Anton maak ‘n belofte aan Nicolene wat haar geheel en al onkant betrap. Christopher en Samantha praat ernstig oor hulle verhouding.
10 Junie : Ronel sukkel met die nuus van Lee-Roy se gesondheid wat agteruit gaan. Anton verklap per ongeluk Wesley se geheim aan iemand. Beatrice en Hamilton sukkel om alleen-tyd vir hulle twee te kry.

11 Junie: Junie Vigil vir Lee-Roy. Almal staan saam om die Fosters te ondersteun. Almal onthou wat Lee-Roy vir hulle beteken, en bid vir sy oorlewing. Beatrice dankbaar dat Hamilton ook daar is, besef, hoe meer sy hom leer ken, hoe minder sy eintlik van hom weet. Lee-Roy nooi sy ouers uit om ‘n belangrike keuse te maak.
12 Junie : Die Fosters word dringend hospitaal toe ontbied. Hamilton probeer Beatrice beïndruk. Nicolene breek af, terwyl Debra en Claudia se “staycation” in die wiele gery word.
17 Junie: Hamilton vat Beatrice op nog ‘n opwindende afspraak en dinge raak warm. Christopher en Emile sit vas en hulle bring verwyte uit die verlede op. LeeRoy weier om vir Ronel te vergewe.
18 Junie: Janice se “girl time” is kort gesny cut eensaamheid skop in. Sam besef dat Emile nie die waarheid sal kan hanteer nie, terwyl dinge tussen Christopher en Emile warm raak, kry ons konteks van hulle verlede. Lionel doen vir Lee-Roy ‘n geheime guns en Gertie kry ‘n onwelkome verrassing.
19 Junie : Gertie roep ‘n vergadering in die Cupidohuis, waarna Lionel ‘n oplossing kry. Anton sukkel met die druk om die standbeeld te voltooi. Ons kry konteks in Wendy en Emile se verhouding. Debra is nie gereed om Wesley se vertroueling te wees nie. Vern probeer Claud motiveer, maar misluk. Hamilton en Beatrice bond oor croissants.
24 Junie: Wesley weet nie wat om te doen oor Ronel se ultimatum nie, maar Anton is geen hulp nie. Ronel en LeeRoy kry onverwagte nuus, en Bradley gee Wes die regte advies oor die verkeerde persoon in sy lewe.
25 Junie : Beatrice wil doubledate, Sam het ‘n plan. Lee-Roy kry ‘n paar verrassings, nie almal aangenaam nie. Lionel is ‘n pes, Janice vat hom vas.
26 Junie : Janice voel jammer vir Lionel. Samantha het ‘n baie ongemaklike verassing vir Beatrice. Lee-Roy is nie heeltemal tevrede met hoe sake staan in sy verhouding nie.

.

Cape Town Carnival 2019
15 Junie 21:00
Die Cape Town Carnival wys die energie en gees van Kaapstad met vlotte en uitspattige kostuums. Vanjaar is die tema van Suid-Afrika se gewildste straatparade Vuka Ukhanye – Rise and Shine.
Over 2 000 dazzling costumed performers and musicians took to Cape Town’s Fan Walk, entertaining viewers with floats and vibrant dance routines. The parade was followed by a family party, showcasing some of SA’s hottest musical talent.



Waterfront
Saterdag 22 Junie 20:00
kykNET&kie, DStv-kanaal 145
Met Milan Murray, Roland Marais, Trix Vivier, Paul du Toit and David Minnaar
Drie susters – Julia, Anna en Kate– is van kleins af omring deur die romantiese swier en status van hul pa (Dawid Minnaar) se bootbou-onderneming. Hul paaie het reeds jare terug geskei, maar ’n familietragedie bring al drie terug na die plek waar hul jeug en kinderdae afgespeel het – die Waterfront in Kaapstad. Hierdie wêreldberoemde toeriste-aantreklikheid dien as agtergrond vir dié splinternuwe drama wat onder die glansryke oppervlak van die seiljagbedryf duister geheime van die Myburgh-familie ontbloot.
The star-studded family drama is set in the underworld of one of South Africa’s leading tourist destinations, the V&A Waterfront. Ship-construction patriarch, Ben Myburgh, has died. His three estranged daughters; Julia, Anna and Kate, have to return to the family boat-building business in the Cape Town harbour. This dark story of secrecy, sibling rivalry and cut-throat business practices, where one will do anything to survive, takes a twist when only one of Ben’s daughters inherits the family’s business and empire.


kykNET NOU! DStv-kanaal 146 is die plek vir lekker tunes en goeie vibes. Dis beskikbaar op die DStv Family-, Compact-, Extra- en Premiumpakkette én op DStv NOW.

Jakkie Louw: Drie Pikkiewyne Live
Saterdag 2 Junie 19:00
kykNET NOU!, DStv-kanaal 145
Jakkie Louw is ongetwyfeld een van die beste lewendige kunstenaars in die Afrikaanse mark. Dit kan gesien word in hierdie briljante vertoning waar hy al sy grootste treffers sing soos Drie Pikkewyne, Sak Sarel Pa wil ‘n bok skiet, Pampoene op die dak (met legendariese sanger Anton Goosen), Ek en jy en ‘n bottel Tas en vele meer. Sy diversiteit as kunstenaar word ook gewys wanneer hy ‘n ballade doen soos Sannie Kriel en ‘n swaar rockliedjie soos Ysterperd.

David Fourie: Kaboemielies Live
Vrydag 7 Junie 21:00
kykNET NOU!, DStv-kanaal 145
Die talentvolle sanger David Fourie, vermaak die gehoor met al sy grootste treffers soos Land in die Suide, Kaboemielies, Hou my vas, stywer vas en Kom hier na my toe.


Fredi Nest: Grootste Treffers
Vrydag 14 Junie 21:00
kykNET NOU!, DStv-kanaal 145
Fredi Nest vermaak die gehoor soos net hy kon met sy groot treffers Sê my, Getoor, Hey DJ, Kyk wat maak Afrikansers nou en vele meer!

Celtic Woman: Ancient Land
Sondag 16 Junie 10:30
kykNET NOU!, DStv-kanaal 145
Celtic Woman: Ancient Land is Celtic Woman se elfde DVD, wat by Johnstown Kasteel in Ierland verfilm is. Die groep bevat splinternuwe liedjies, sowel as ‘n paar ou gunstelinge.

Jacques de Coning: Afrikaans my Trots
Vrydag 21 Junie 21:00
kykNET NOU!, DStv-kanaal 145
Jacques de Coning neem die gehoor op ‘n nostalgiese rit van Afrikaanse treffers soos Al lê die berge nog so blou, Lisa se klavier, Geelperskereën, Beautiful in Beaufort-Wes, Sonvanger, Stuur groete aan Mannetjies Roux en vele meer.

Shine 4: Grootste Treffers Live
Vrydag 28 Junie 21:00
kykNET NOU!, DStv-kanaal 145
Shine 4 vermaak met hulle groot treffers soos Ramaja, Perfekte wêreld, So elektries, Mamma dis my kêrel en vele meer!

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →