Kwaggabees

Sy verhoognaam laat jou nuuskierig wonder wat jy gaan hoor wanneer jy een van sy eerste snitte aansit, veral as jy nog nie van die man gehoor het nie. En dan skielik tref ‘n sterk, gemaklike, rou en eerlike stem jou vas teen die voorkop.

Kwaggabees is ‘n boorling van Parys in die Vrystaat waar sy musiekloopbaan vlam gevat het en musiek nou ‘n leefstyl vir hom geword het. Sedert 2012 is hy te sien op elke fees en groot verhoog in die land en het die mense op hul voete met sy uitmuntende kitaarwerk, sterk stem en danstreffers waarmee mense hom nie van ‘n verhoog wil laat afklim nie!

Sy eerste album, My land is in 2012 vrygestel en hy is hart en siel self betrokke by sy produksies. Van kitaarwerk en skryf van die musiek, stap hy die hele ent pad saam om seker te maak die Kwaggabees-stempel word vuurwarm ingebrand soos op ‘n regte bees.

2014 word hy genomineer vir ‘n Ghoema-toekenning vir die katogorie, Beste Alternatiewe album van die jaar. 2016 stel hy sy tweede album, Dans Dans vry en maak dit visueel deur 6 musiekvideos wat daarmee saamgaan wat jy almal op KykNET kan sien.

Kwaggabees werk tans aan sy derde album, maar het ons solank bederf met ‘n enkelsnit asook ‘n musiekvideo.

LENTEBLOM verras ons met ‘n nuwe klank, steeds ‘Rock’, maar meer in ‘n ballade-styl waar jy die woorde kan indrink, herkou en selfs die emosie agter sy kragtige stem kan aanvoel.

Dié lied is sy konsepkind, maar geskryf deur Reinard Herbst. Dit is opgeneem deur Renier Henning, Sean Manley en gemeester deur Rogan Kelsey.

Met LENTEBLOM wys Kwaggabees dat sy musiek nie net vir die dansvloer of die gesoute ‘Rockers’ is nie, maar vir oud en jonk. Sy wye spektrum van klank, liriek en asemrowende kitaarwerk, wys dat Kwaggabees – stoetbul-gehalte is en hier is om te bly!

MEDIAVRYSTELLING

Datum: April 2019

Vir meer inligting, kontak Lydia Winchester:

Tel: 011 475 2187; Sel: 082 554 8453; E-pos: lydiaw@mweb.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →