LEFRA GAAN BOS BY VANJAAR SE INNIBOS! 25-29 Junie 2019

Lefra gaan groot by vanjaar se INNIBOS KUNSTEFEES met drie top produksies wat mooie en warm Nelspruit besoek.  Kom rock en roll met die musical – BUDDY – THE BUDDY HOLLY STORY, kom skaterlag met die klug, MY VROU SE MAN SE MANNETJIE en meneer en mevrou kom herken jouself in GROET DIE GROTMAN 2.  Besprekings by Computicket 0861 915 8000. Groepe meer as 10 @ afslag: Monica (011) 815 3000.  Besoek gerus ook www.computicket.com  Lefra se produksies word met trots ondersteun deur @Stuttaford van Lines, @RSG, @Sounds Good, @Hollywood Costumes en @Van Loveren Wyne.
Lees meer: http://www.icontact-archive.com/archive?c=330321&f=104993&s=116825&m=1687076&t=19ee9bb01a95b49595c8282dc2047c2cfd80fd1d174b0392fffa10da9dafd7a0

BUDDY – THE BUDDY HOLLY STORY
Lefra Produksies se suksesvolle musiekblyspel, BUDDY – THE BUDDY HOLLY STORY met Brendan Peyper as Buddy speel by die Nelspruit Hoërskool Ouditorium op die volgende dae:
Dinsdag, 25 Junie om 18:00, Woensdag, 26 Junie om 10:00, Donderdag, 27 Junie om 18:00 en Vrydag, 28 Junie om 09:00.  Kom beleef die wonderlike musiek van die “vader” van Rock & Roll soos RAVE ON, TRUE LOVE WAYS, PEGGY SUE en vele meer.  VIr die eerste keer in die geskiedenis, bied Innibos ‘n volle West End Musical aan.  Moet dit nie misloop nie – bespreek nou by Computicket 08619158000 of aanlyn by: https://online.computicket.com/web/event/buddy_the_buddy_holly_story/1294885704/0/93804514

MY VROU SE MAN SE MANNETJIE
Die klugkonings, Lefra Produksies is terug by Innibos met ‘n splinternuwe klug vanjaar – MY VROU SE MAN SE MANNETJIE!  Hier lekkerlag mal komedie speel by Lowveld High op die volgende dae: Woensdag, 26 Junie om 19:00; Donderdag, 27 Junie om 10:00; Vrydag, 28 Junie om 17:00 en Saterdag, 29 Junie om 09:00.  Isak (Cobus Venter) en Linda se huwelik is op ‘n 17 jaar-jeuk. Linda voel dat sy meer uit die lewe wil hê … veral meer opwinding. Isak aan die anderkant is heel gelukkig met sy saai lewe – hy het ‘n suksesvolle kunsblommebesigheid en sy hele bestaan word deur die besigheid oorgeneem. Linda voel egter dis tyd om te skei en arme Isak is in die donkterte dieptes. Voeg egter daarby ‘n seniele oupa Arnoldus (meesterlik vertolk deur Paul Lückhoff), inmengerige bure, Herman (Johan Joubert) en Bettie (Marissa Claasen) en ‘n sestienjarige, jeukerige seun, Chris (Rowlen von Gericke), en jy het ‘n totale resep vir chaotiese lekkerlag!  Bespreek nou by Computicket 08619158000 of aanlyn by: https://online.computicket.com/web/event/my_vrou_se_man_se_mannetjie/1295255292/0/93804507

Paul Lückhoff
Cobus Venter



GROET DIE GROTMAN 2
Die immergewilde Grotman is vanjaar terug met die splinternuwe GROET DIE GROTMAN 2!  Daar is slegs twee vertonings van GROET DIE GROTMAN – so bespreek vinnig.  Die Grotman speel by die Bergland Laerskool op Donderdag, 27 Junie om 15:00 en Vrydag, 28 Junie om 13:00.  Dit is twintig jaar later. Grotman en Elize is steeds gelukkig getroud … of is hulle? Die kinders is tieners met hul eiesoortige uitdagings. Grotman het sy rookseine verruil vir Whats App, Eposse, I Fone, Facebook en Twitter. Die verskille tussen Mans en Vrouens is steeds daar, want mans is steeds van Mars en vrouens van Venus. Lefra kondig met trots aan dat Wynand (Karate Kallie) van Vollenstee die rol van GROTMAN 2 gaan speel. Wynand is ‘n bekende in die komiese teater en hy word deesdae ook gesien in Willie Esterhuizen se baie suksesvolle OUBOET EN WORS as Gielie. Frans Swart het die teks geskryf en hanteer ook die regie.  Vrouens … julle gaan julle mans herken in GROTMAN 2 en jy kan gerus maar jou man in die ribbes pomp. Meneer, jy gaan beslis jou Vrou in GROTMAN 2 herken … so wys maar gerus die wysvinger vir Mevrou … net nie die middelvinger nie. Saam gaan mans en vrouens weer heerlik lag en sommer gratis terapie ontvang vir die huwelik. Kom kyk GROET DIE GROTMAN 2!  Bespreek nou by Computicket 08619158000 of aanlyn by: https://online.computicket.com/web/event/groet_die_grotman_2/1294563633/0/93804501

UITGEREIK DEUR LEFRA PRODUKSIES
MEER INLIGTING/ ONDERHOUDE/ KOMPETISIES:
CHARL SENEKAL – BEMARKINGSBESTUURDER
TEL: (011) 815 3000 of 061 616 6138
Epos: admin@lefra.com
Web: www.lefra.com


About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →