Lizelle Nel se passie en trots is haar werk

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Lizelle Nel word elke oggend met antisipasie wakker. ‘n Gevoel van wonder en absolute vreugde oor wat die nuwe dag sal bring. Ek weet dat elke dag vervulling sal bring, dat dit ‘n dag sal wees wat ek in staat sal wees om ‘n vrou te help om meer vroulik, en selfversekerd te voel.

Om met hare te werk is my passie en trots in die lewe. Om die transformasie te sien hoe dit my kliënt meer selfvertroue kry, en dit  maak my gelukkig. ‘n Vrou se hare is haar kroon asook haar trots. Dit is wat ek fasineerend vind om met hare te werk. Om ‘n vrou te help met haar transformasie is ‘n wonderlike gevoel. Om te sien hoe iemand wat nie veel selfvertroue het nie vol selfvertroue is asook pragtig lyk, net as gevolg van my werk en die nuwe kroon wat sy dra met haar haarverlengings.

My droom is om in staat te wees om elke vrou te help wat sukkel met haarverlies bv. Vroue met kroniese siektes wat hulle hare verloor. Ek weet hoe hulle voel die vernedering en skaamte al is dit nie hulle skuld nie. Ek kan hulle houding asook selfbewustheid sien  soos wat hulle by my aankom en ek dan na die transformasie sien dat hulle meer selfvertroue het is ‘n wonderlike ervaring.

Ek weet ek maak ‘n verskil in baie vroue se lewens. Die verandering bring ook ‘n positiewe verandering in hul vriende en familie se lewens.

Ek wil net ‘n kans gegun word om die beste weergawe van myself te wees. Ek wil in staat wees om verandering te bring en drome waar te maak asook my drome. Niks gee my meer trots en geluk om met haarverlengings letterlik te sien wat die die verandering in die vrou of man se houding meebring.

Ek werk op die oomblik alleen en dis hare werk, meeste van die tyd is ek tot laat  aand besig maar ek is lief vir wat ek doen en dit gee my tevredenheid.

Ek doen op die oomblik ook haarverlengings vir die volgende bekende vroue Bianca Goosen, Angel de Lange, Michelle Grace, Liane Heyl (Boeboe), Rinel Day, net om n paar te noem.

Ek lewe my droom voluit en maak ook ander vroue se drome waar. My beroep is baie na aan my hart. Ek is gebore in Vereeniging ek is mal oor Afrikaanse musiek ek is getroud en een seun. Ek geniet dit om nuwe mense te ontmoet.. behalwe werk hou ek ook daarvan om te skilder

Lizelle verander letterlik mense se lewens en bewaarheid hul drome met ‘n pragtige bos hare.

Miggie het vir Lizelle gevra wat haar gunstelinge is :

Kleur : Pienk, pienk, pienk

Kos : My ma se kook kos

Klere : Jeans en tekkies

Wat haar gunsteling TV program is sê sy, “ Ek hou nie van TV kyk nie, as ek tyd kry sal jy my altyd in die natuur kry.

Leave a Comment