Malisca Carver

Wanneer haar musiek begin speel, stel jy dadelik die volume op. Die ritme skop vas teen jou borsbeen en jou luidsprekers bewe. Dit moet defnitief ‘n internasionale kunstenaar en produksie wees. Dis musiek wat jy aan gewoond is om te hoor op strande in Griekeland of in europese klubs op die Ibiza-eiland. Musiek wat ongetywfeld ‘n partytjie aan die gang gaan kry en ‘n vrouestem wat vloei soos warm room tussen die ritme deur.

Tot ‘n skok vind jy uit dat hierdie meisiekind maar 19 jaar oud is en kom van die Kaap.

Party mense begin sing omdat dit hul droom is, ander omdat dit ‘n passie is; en dan is daar mense wat eenvoudig gebore is vir niks anders. Hulle MOET eenvoudig sing. En hier is een van hulle.

Musiek en ritme vloei soos bloed deur haar are. Op ouderdom van 4 wéét sy al dis haar roeping. Op 8 begin sy met sanglesse. Daarna volg Keyboard-, kitaar-, baskitaar- en trommelesse. Haar ouers moes verhuis na ‘n plattelandse dorpie, maar het haar weekliks stad toe gery vir haar lesse.

Op 14 verlaat sy die skool, want sing is al wat sy wil doen.

Sy wen die een na die ander kompetisies as sangeres en model wêreldwyd. “Overall Grand Prix winner of Polish International Culture Caravan in 2017. Winner of 5 Gold medals & Divisional Winner of Vocals at Talent America Word Championships. Title holder of Miss Westen Cape, Face of Talent Africa 2017.” En so gaan die lys aan…

Sy het al op verskeie internasionale verhoë gesing en leef alreeds die lewe van ‘n superster. Haar album is gevul met nuutskeppings wat jy in enige klub in die wêreld nog gaan hoor.

Die produksie is behartig deur Traxtudio met Riaan Steyn aan die stuur wat weer ‘n hele ander sy van hom as regisseur. Eenvoudig wêreldklas!

 Sy’t ook drie afrikaanse liedjies opgeneem wat weer ‘n heel ander geur aan die album gee en plaaslike radiostasies gaan opraap.

Daar is baie nuwelinge wat die mark betree met sterre in hul oë, maar die melkweg het ‘n ster laat val – en sy in ons midde.

MEDIAVRYSTELLING

Datum: April 2019

Uitgereik deur: Traxtudio

Vir meer inligting, kontak Lydia Winchester:

Tel: 011 475 2187; Sel: 082 554 8453; E-pos: lydiaw@mweb.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →