Monét de Jongh – Bosnimf

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Hoor jy die woord; ‘Bosnimf’, fantasteer en fabriseer jy hierdie kind in jou verbeeldingswêreld wat huppel tussen bome en bosse wat vermuf is deur Vader Tyd wat en wat speel-speel liedjies sing en die blare buig soos die strykstok van ‘n Cello. Wat die mooiste bosklanke na vore bring. Rou, sag, nat en eerlik.

Dan lees jy deur Monét se CV en sien dat hierdie musiekonderwyseres al jare se spore in die musiekbedryf getrap het. Haar eie talent en ondervinding oorgedra het van geslag na geslag deur haar klavier- en klawerbordlesse. Haar musiekloopbaan het al jare terug begin toe sy en haar susters in 1983 en 1984 kategoriewenners was by die ATKV Crescendo kompetisie.  Sy en 1 van haar susters was ook betrokke by ‘n Huldeblykopvoering aan Hennie Aucamp by die Nico Malan in die Kaap.  Daarna, in 1984, was die 4 sussies betrokke by die TV-produksie vir Gé Korsten. Benewens klasgee, was Monét ook nou betrokke by die kerk. Sy was vir ongeveer 8 jaar musiekleier by die NG Kerk Durbanville en was ook vir 4 jaar betrokke by die musiekbediening in die Paarl.

Hierdie Bosnimf het besluit die tyd is reg om die wêreld te wys waar haar liedjies gebore word en om jou in te trek in haar wêreld. Haar liedjies is lig en verfrissend, nes die oggendson wat sy strale liggies druk deur die dak van ‘n woud om vir mens en dier lig te bring. “Lig”, ja, want haar liedjies is inspirerend met ‘n positiewe boodskap. Hierdie nimf skryf nie oor soetsappige onderwerpe nie, maar laat jou goed voel, lig voel en met haar geestelike aanslag, bring sy beslis ‘n boodskap sterk oor.

Haar album is opgeneem by Sunset Recording Studios in Stellenbosch waar Jürgen von Wechmar die klank behartig het. Kevin Gibson die tromme en Henry Steel die snare. Sy self doen al haar verwerkings en doen selfs die klawers op haar eie opnames.

So nou en dan kom daar ‘n vars album uit wat jou oor nog nie gehoor het nie. Die Laurinda’s, die Laurika’s, en dan, die Monét’s.

Laat hier bosnimf toe om rond te spring tussen note en akkoorde en woorde wat bekoor. ‘n Fris, nuwe briese wat 2019 die musiekbedryf ingewaai het.

MEDIAVRYSTELLING

Datum: MEI 2019

Vir meer inligting, kontak Lydia Winchester:

Tel: 011 475 2187; Sel: 082 554 8453; E-pos: lydiaw@mweb.co.za

Related posts