
Ricky Faber Band het onlangs hulle Splinternuwe Enkelsnit Heuning vrygestel. Geskryf deur Reinhard Herbst en Vervaardig deur Byron Kuntz in Australië is hierdie ‘n lied wat jou voete vinnig aan die juk sal kry. Die soetsappige lirieke dra by tot ‘n unieke skryf styl en die vervaardigings element is vars. Dit is amper 4 jaar sedert sy laaste publieke vrystelling en die orkes is vuur en flam met hulle nuwe album wat later die jaar op die rakke sal verskyn. Heuning Youtube Skakel https://youtu.be/JEMW5bSTOiQ RICKY FABER BAND Julle sal die aspirante sanger onthou met treffers soos “Kaalgat in die reen” en “Om asem te haal sonder jou”. Hy was in die 9 jaar op ‘n hele paar groot verhoë en toere teverskyne. In 2016 sluit Reinhard Herbst en Drickus Bezuidenhout by Ricky Faber aan en die Ricky Faber Band is Gebore. Met byna 200 Vertonings agter die rug in bykans elke provinsie binne die grense van Suid Afrika, bring die Ricky Faber Band ‘n dinamika aan die Afrikaanse Pop /Rock Genre wat gehore laat gons vir nog. ‘n Hoogtepunt vir die orkes was die voorskou vir Steve Hofmeyr by die 2019 Afrisaam Fees waar hulle die lied “Afrikaners” gedoen het. Daar was bykans 5000 mense. Die lied is deur Drickus Bezuidenhout geskryf. Afrikaners Youtube Skakel https://youtu.be/GPS96lIBxNc?t=3 Die Orkes is as volg:

Ricky Faber (Lead Vocals) Drickus Bezuidenhout (Elektriese Kitaar, Backing Vocals) Reinhard Herbst (Akoestiese Kitaar, Backing Vocals en Kick)
Beide die manne skryf ook Splinter nuwe materiaal vir opkomende album met liedjies soos: AFRIKANERS, SEXY ONBESKRYFLIK en HEUNING om maar ‘n paar tenoem. Hulle Co-wright ook saam Ricky die gesogde lied ONS PRAAT AFRIKAANS..