Vibrancy-Liedjieskrywerswegbreek lei tot nuwe album en musiekprojek!

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Wat gebeur wanneer ’n diverse groep talentvolle geestelike leiers, liedjieskrywers en musikante saam wegbreek na ’n omgewing wat spesiaal geskep is om die siel te verkwik en verandering te weeg te bring? Hulle neem genoeg sielvolle musiek op om ’n album vol inspirasie en veelsydigheid met die wêreld te deel!

VIBRANCY – A COLLECTIVE OF CREATIVES is ’n projek wat oorspronklik in 2018 deur in Harmonie, in Franschhoek in die Kaap, geloods is. Die doel was om kreatiewe breine in die geestelike gemeenskap, in ’n pragtige en rustige omgewing en onder die leiding van die Amerikaanse liedjieskrywer en mentor Rita Springer (wat met groot name soos Kari Jobe en Jeremy Riddle werk), te inspireer om saam musiek te skryf oor rus, genesing en versoening. 

“Ons idee was regtig dat elke persoon wat dié wegbreek bywoon, in Harmonie met nuwe inspirasie, entoesiasme en moed sou verlaat; met nuwe liedjies en hoop om te sing en te versprei in hulle gemeenskappe en met baie nuwe vriende,” sê Ervaringsontwerper, Andriëtte de la Harpe.

Die eindresultaat van hierdie byeenkoms het egter almal se stoutste verwagtinge oortref en gelei tot die ontstaan van ’n splinternuwe album, ONE, wat pas bekend gestel is en reeds besig is om musiekliefhebbers se harte te verower. Dit spog met ’n ryk en harmonieuse klank, wat nie net eie is aan die land nie, maar ook die diversiteit daarvan vier.

ONE bestaan uit sewe oorspronklike snitte, in verskillende musiekstyle, waaraan verskeie van die betrokke kunstenaars (Hemelbesem, Joe Niemand, Sumarie Schoeman, Ndumiso Manana, Rouchelle Liedemann, Rashid Admans, Sima Mashazi, Langa Mbonambi, Lebohang Kgapola, Lesego Senwamadi, Mégan Schilder, Gideon Nel, Carlyn Ganz, Cjay, en meer) saam gewerk het.

“Die liedjieskrywers kom uit verskillende kulture, denominasies en rasse en het hierdie musiek geskep vanuit ’n plek van weerloosheid en verhoudings is gevorm om ’n brug van versoening te help bou. Die resultaat bied ’n kykie na die hemel-op-aarde deur middel van musiek,” sê Andriëtte. “Ons vertrou dat alle Suid-Afrikaners hierdie hoopgewende liedjies sal sing en sodoende sal bydrae tot genesing en oorwinning oor die huidige situasie in ons land. Dié album is ’n gedenkteken van God se getrouheid.”

Die album sal vanaf 7 Junie digitaal beskikbaar wees, maar kan reeds nou al by die volgende skakels vooraf bestel word: http://itunes.apple.com/album/id1464065361?ls=1&app=itunes

http://itunes.apple.com/album/id/1464065361

Elkeen van die sewe liedjies sal ook vanaf die 7de Junie afsonderlik, oor ‘n tydperk van sewe weke, vrygestel word aand radiostasies landswyd, saam met ’n liriekevideo, bladmusiek en musiekstorie om die impak van elke snit ten volle oor te dra, vas te vang en met die publiek te deel. Verder sal kerke ook die bladmusiek kan aflaai, sodat die hele land kan deel word van hierdie inisiatief en Trots Suid-Afrikaanse musiek kan sing.  Gideon Nel is verantwoordelik vir die skep van die besonderse albumkunswerk wat op die omslag verskyn.

“As iemand wat buite die land en sy omstandighede staan, was dit ongelooflik om te sien dat alhoewel daar baie verskillende kulture en tale betrokke was by die skep van die album, die betrokke partye se harte en musiek dieselfde taal van liefde gepraat het. Iets baie spesiaal het gebeur en die diversiteit van verskillende kulture is vasgevang in die woorde en wysies van elke lied,” meen Rita Springer.

BE GLORIFIED, die eerste enkelsnit wat VIBRANCY – A COLLECTIVE OF CREATIVES graag met die land wil deel, word gesing deur Sima Mashazi en is geskryf deur Sima Mashazi, Langa Mbonambi, Karien de Waal en Koketso Molaolwe. Hierdie snit kry dit reg om die hart van die land vas te vang en deur middel van lofprysing ’n boodskap van hoop vir die toekoms te versprei.  Hierdie enkelsnit sal Vrydag, 7 Junie 2019 aan radiostasies landswyd uitgereik word.

Volgens die skrywersspan wou hulle met dié lied nie net God vir sy goedheid prys nie, maar ook die land aan Hom wou opdra. “Ons hoop dat, ongeag van die omstandighede, mense hulle harte, aandag en lewens daarop sal fokus om God te verheerlik. Dit maak nie saak wie ons is, of waar ons vandaan kom nie, hierdie lied gee aan ons die kans om God as een nasie te vier.”

Buiten vir die kragtige lirieke en meesleurende wysie, word die boodskap in BE GLORIFIED ook in verskillende tale (Engels, Afrikaans, Zoeloe en Sotho) gedeel, wat aan dit ’n baie unieke Suid-Afrikaanse geur gee.

“Dit was regtig ’n groot seën om deel te wees van hierdie proses. Die musiek is vir my simbolies van genesing en herinner my daaraan dat God weet wie ek is, selfs wanneer ek soms vergeet. Vir my was dit ’n groot voorreg om hierdie ervaring met sulke ongelooflike liedjieskrywers en individue te deeI,” sê Sima.

VIBRANCY – A COLLECTIVE OF CREATIVES is meer as net liedjies op ’n album, ’n idee en konsep of selfs ’n beweging. Dit gaan oor verhoudings en familie. Dis ’n groep wat droom oor ’n beter wêreld, waar verskille en diversiteit met trots gevier word, want elkeen voeg liefde en waarde by.

“Ons glo dat dit belangrik is vir Suid-Afrikaners om liedjies te begin sing wat relevant is tot vandag se konteks en ons geskiedenis en dat dit tyd is om genesing en oorwinning uit te spreek oor ons land en die probleme wat tans hier heers. Ons moet ook bid en sing oor die toekoms van Suid-Afrika,” sluit Andriëtte af.

Kliek hier om die musiekstorie van BE GLORIFIED te kyk:  https://www.youtube.com/watch?v=7XTmlJK1rFQ

LIEDJIES OP DIE ALBUM

1. Planted (met Lebohang Kgapola en Rashid Adams)

2. Be Glorified (met Sima Mashazi)

3. Ngizokuphumuza (I will give you rest) (met Sima Mashazi en Andriëtte de la Harpe)

4. Tot Stilstand (met Carlyn Ganz en Gideon Nel)

5. Least of These (Vuka / Arise) (met Lebohang Kgapola)

6. In just one moment (met Mégan Schilder)

7. One (met Lesego Senwamadi en CJAY)

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook:   https://www.facebook.com/vibrancyza

Instagram:  @Vibrancy_za

Twitter:   @Vibrancy_za

Webtuiste:  www.vibrancycollective.com

Hutsmerke:  #Vibrancy #ONE #VibrancyCollective #InHarmonie

PUBLISITEIT EN BEMARKING

Starburst Promosies

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webblad: www.starburstmusic.co.za


STARBURST PROMOTIONS
Alani Coetsee – PUBLICIST

Related posts

Leave a Comment