TOKS, CHRISTO EN COBUS KOM CARNIVAL CITY TOE

Die baie bekende Toks van der Linde (van TOKS EN TJOPS-faam) en die sangpaar Christo en Cobus (van DIE BROERS-faam) tree op 8 Augustus by Carnival City se BRU’s (APPLAUSE TEATER) om 20:00 op.  Dis ‘n heerlike rugby aand vol pret en plesier om die langnaweek mee af te skop.  Besprekings kan gedoen word by Computicket 08619158000.  Groepe meer as 10 kry lekker afslag deur Monica te skakel by (011) 815 3000 of epos aan admin@lefra.com  Die produksie word aangebied met die vriendelike samewerking van Tafel Lager. Daar gaan heerlik…

Lees meer

THE CURRENT WAR IN LOCAL CINEMAS FROM THIS WEEKEND!

THE CURRENT WAR is a stylised historical drama, with a well-flowing narrative supported by gorgeous cinematography and a rousing score. While its sheds some light on the late 19th century battle between Thomas Edison and George Westinghouse to control the power grid, the film offers more than that – it is an inspirational tale about the wonder of invention and is distributed by Filmfinity (Pty) Ltd.  It will be released nationwide on Friday, 26 July 2019. Watch the trailer here: https://www.youtube.com/watch?v=2FTxKFsWz60 Directed by Alfonso Gomez-Rejon and executive produced by Martin Scorsese, THE…

Lees meer

Frikkie van Biljon – Dalk Nooit

Frikkie van Biljon kom al ‘n lang pad na sy eerste optrede voor ‘n gehoor toe hy ‘n knapie van skaars vyf was. Hierdie Vrystaatse plaasseun het groot naam gemaak op plaaslike radiostasies landwyd met sy debuutenkelsnit, JOU WêRELD. Skaars ‘n paar maande later en Frikkie verras ons met ‘n nuwe enkelsnit, ELKE STUKKIE KAAP. ‘n Liedjie waar hy die pen gedeel het met Steffie Le Roux; ‘n sangeres wat ook deesdae op almal se lippe boer. Stadig maar seker kruip Frikkie onder die volk se vel in en is…

Lees meer

Valeska Muller verskuif Afrikaanse musiekgrense!

Valeska Muller het oor die jare die kuns bemeester om met haar strelende stem, ritmiese musiekverwerkings en eerlike lirieke diep spore te trap in die harte van luisteraars regoor die land. Met haar derde enkelsnit, VERLANGE VAN JOU, bou sy voort op dié suksesvolle tendens en deel sy ’n baie persoonlike boodskap, waarby gehore van alle ouderdomme sal aanklank vind.  Hierdie treffende oorspronklike snit, wat sy saam met vervaardiger BIGG-T geskep het, kan beskryf word as progressiewe huismusiek, wat ’n baie vars en opwindende klank na die Afrikaanse mark bring.…

Lees meer

Blogger Michelle Myers- Preserving Peace

Hello, and welcome to Preserving Peace! I started this blog because when I was at my lowest battling anxiety and depression after the loss of my mother, I struggled to find the tools to move forward. Being a Christian hearing of the peace offered in the Bible all my life, I still had to go through the process of healing. A year later, I by no means profess to have reached a place of perfection on this journey, but I have come to develop a deeper understanding of peace as…

Lees meer

Reshane Viljoen was onlangs by bekendstelling van Lance James se nuwe album, Swan Song

Die gemiddelde kunstenaar se rakleeftyd is gewoonlik so lank soos sy laaste treffer nog hoorbaar is en dan stilweg verdwyn; maar dan kry kunstenaars wat groter as hul treffers is. Kunstenaars soos Lance James wat al vir meer as 60 jaar die wêreld bekoor met sy outydse sjarme en nie treffers na-jaag nie, néé, die treffers jaag hom na. Op die ouderdom van 80 het Lance besluit dis tyd om sy laaste “Swan Song” te sing. Dít is gewoonlik die lied wat jy sing voor die gordyn vir oulaas sak.…

Lees meer

GRETA, met Chloë Grace Moretz in die rolverdeling, in plaaslike teaters vanaf 5 Julie 2019!

GRETA ’n kontemporêre sielkundige riller deur die Oscar-bekroonde regisseur, Neil Jordan begin op 5 Julie 2019 by plaaslike bioskope draai en word versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk.  Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=jwSr1KnGPTo Dié fliek, waarvan die draaiboek geskep is met die hulp van Ray Wright, vertel die storie van Frances McCullen (Chloë Grace Moretz), ’n jong vrou wat sukkel om in te pas in New York. Sy werk as ’n kelnerin by ’n spoggerige eetplek in Manhattan, mis haar oorlede ma en voel verwyder van haar pasgetroude pa. Haar enigste ware vriendin, is Erica Penn…

Lees meer

Die Rietrotte van Rietvallei Hoër deur Nerine Ahlers

AGTERGROND As Rietrot moet jy jou plek ken, besef Daniël du Randt met die intrapslag in Rietvallei Hoër. Almal sê daar bestaan nie iets soos ontgroening nie, maar hierdie matrieks het duidelik nog nie die boodskap gekry nie. Gelukkig het hy vriende soos Malebo, Antonie en Giovanni, want Peet Pretorius eet graad 8’s vir ontbyt en spoeg hulle soos fyngekoude grate uit. Een vir een. Wanneer Daniël en Malebo een nag uit die koshuis glip en hulle vasloop in ’n skelm – wat vir Peet soos ’n lammetjie laat lyk…

Lees meer

Bennie Fourie speel onwaarskynlike held in nuwe Quentin Krog-rolprent

VRYSTELLING IN TEATERS LANDSWYD:                   23 Augustus 2019 Een les wat die lewe graag vir ’n mens wil leer, is dat niks ooit so eenvoudig is as wat dit mag voorkom nie. ’n Feit wat bevestig word deur regisseur Quentin Krog (Ballade vir ’n Enkeling, Vir die Voëls) se splinternuwe rolprent, ANDER MENS, wat net soos die hoofkarakter glad nie volgens ’n standaard-formule beoordeel kan word nie.  Die fliek word aangebied vanuit die perspektief van Luitenant Erica Kruger, van die getuiebeskermingsprogram in die Kaap, en is gebaseer op die bekroonde skrywer – Zirk van den Berg –…

Lees meer