Corné Louw stel musiekvideo vir Date Night bekend!

Corné Louw se vars en moderne Country-Popsnit laat jou voete onwillekeurig jeuk om op die dansvloer uit te kom.

Dié liedjie, wat deur Corné, Hugo Ludik en Vaughan Gardiner geskryf is, sal aanklank vind by enigiemand wat in ’n verhouding is en wil paartjies herinner om vir mekaar tyd te maak in vandag se gejaagde lewe. “Aan die begin van ’n verhouding word daar baie beloftes gemaak, maar dan gebeur die lewe en is daar verantwoordelikhede wat nagekom moet word. Dit is dan so maklik om verby mekaar te begin leef,” verklap dié liedjieskrywer en musikant oor die boodskap agter sy eerste enkelsnitvrystelling. “Die enkelsnit beteken vir my baie, want dit het met my en my vrou gebeur vandat ons twee wonderwerkies gebore is. ’n Tweeling hou ons heeltemal weg van die dinge wat ons as ’n paartjie altyd saam gedoen het. Maar ons verruil hulle vir niks!”

DATE NIGHT is gedurende Junie 2019 aan radiostasies landswyd uitgereik en speel reeds die klankgolwe aan die brand. 

Die musiekvideo, wat by Fathom Media/ KeyArt Services se ateljee en by perdestalle in Honeydew verfilm is deur Jay Loots en die span van Fathom Media/ KeyArt, dra die boodskap dat ’n mens altyd moet tyd maak om mekaar spesiaal te laat voel. “Die storie handel oor my wat besef dat ons ’n date night nodig het en soos wat ek die liedjie skryf dink ek aan die perfekte afspraak saam met my geliefde,” verklap Corne.

KYK DIE VIDEO HIER:  https://www.youtube.com/watch?v=4DsxQGPv7Tg&feature=youtu.be

DATE NIGHT is ook die titel van sy debuut-album wat binnekort vrygestel sal word en hy het juis die naam so gekies omdat dit ’n konsep is wat gereeld gebruik word.

Corné woon in Langebaan in die Weskus en het die kuns bemeester om gehore in die palm van sy hand te hou met sy veelsydigheid en hartlike verhoogpersoonlikheid. Hy kom uit ’n familie vol musikante en glo dat musiek deur sy are vloei. Hy en sy pa speel nou nog so af en toe saam kitaar.

Die enkelsnit is nou op alle digitale platforms beskikbaar:

Apple Music:

https://music.apple.com/za/album/date-night/1469174084?i=1469174085

Spotify:

Deezer:

http://www.deezer.com/track/699001582

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/artistcornelouw/

Instagram: @cornehughlouw

Webblad: www.cornelouw.co.za

PUBLISITEIT & BEMARKING

Starburst Promosies

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webblad: www.starburstmusic.co.za

STARBURST PROMOTIONS


Alani Coetsee – PUBLICIST

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →