DANNY SMOKE STEL DEBUUT-ALBUM VRY!

Danny Smoke se eerste enkelsnit, JOU LIPPE, was uit die staanspoor ’n gunsteling onder musiekliefhebbers en was die perfekte lusmaker vir sy debuutalbum, SWAELTJIES, wat nou op die rak is!

Die sanger, wat oorspronklik bekendheid verwerf het vir sy merkwaardige kitaarspel en  musiekvervaardigingsvaardighede, is baie opgewonde om sy eerste album met die land te deel en beskou dit as een van die hoogtepunte van sy loopbaan sover. Die album, wat geïnspireer is deur die skoner geslag, kan hoofsaaklik beskryf word as ’n mengsel betekenisvolle ballades en opgewekte kuiermusiek, wat gedryf word deur sterk melodieë en ’n ongelooflike energieke produksie. “Daar is baie negatiewe dinge in die wêreld. Musiek het die vermoë om mesne se emosies te skuif. Die doel van my musiek is om luisteraars positief te laat voel,” verklap hy entoesiasties. “Die titel van die album is SWAELTJIES, hiermee wil ek die luisteraar dalk tweekeer laat dink. Alhoewel ek meestal popmusiek maak, het die lirieke van die liedjies ’n baie dieper betekenis as wat ’n mens dink.”

Sy debuut-vrystelling bestaan uit dertien snitte wat spesiaal verwerk is om sy stem en kitaarspel pragtig ten toon te stel. Hy verklap dat die liedjie wat hy vir sy dogtertjie geskryf het hom na aan die hart lê en dat daar verskeie ander snitte is wat die potensiaal het om groot treffers te wees. “Die album het ’n goeie kombinasie van kommersiële elemente, maar op geen stadium is musikaliteit en kreatiwiteit ingeboet hiervoor nie,” sê hy.

Die liedjie, uit die pen van Danny, Johan Vorster en Christoph Kotzé, is ’n voetstamplekker popsnit wat jou uitnooi om saam te sing en dans. Volgens Danny is dit ’n gewaagde liedjie wat gaan oor ’n gevoel wat almal ervaar, maar nooit oor wil praat nie. “Dit gaan oor ’n ou wat dink hy het al alles gesien, geproe en beleef. Die vrou waaroor die liedjie gaan, het hom egter bo verwagting verras – spesifiek met haar lippe – en hy kan nie genoeg van haar kry nie,” vertel die sanger. “Ek hou daarvan as mense ’n goeie tyd het en hierdie enkelsnit gaan gehore laat dans, saamsing, hulleself geniet en na iemand laat verlang wat hulle nog nie ken nie.”

Wanneer dié veelsydige ster nie besig is om te sing of kitaar te speel nie, hou hy ook sy lyf vervaardiger en voel hy geseënd om al vir twintig jaar betrokke te kan wees in alle aspekte van dié bedryf waarvoor hy so lief is. “Ek kom uit ’n musikale familie en daarom was musiek nog altyd deel van my lewe. Op ’n baie jong ouderdom, het ek die geleentheid gehad om ’n kitaar op te tel en te leer speel. Daarmee saam het ek die voorreg gehad om produksiewerk te begin doen vir van die land se top kunstenaars. Dit was nog altyd ’n groot droom om my eie album te skryf, te vervaardig en daarop te sing,” sê hy.

Volgens Danny put hy die inspirasie vir sy musiek uit persoonlike ervarings en geniet hy elke oomblik wat hy op die verhoog kan wees. Omdat hy self musiek vervaardig, vind hy aanklank by die meeste genres en style. Hy het groot bewondering vir Ryan Tedder van One Republic omdat hy so veelsydig is en respekteer enigiemand wat dapper genoeg is om musiek as ’n loopbaan te kies. Verder probeer hy sover as moontlik uit musiekpolitiek uit bly en meen hy dat dit belangrik is om jou eie stem te vind en te fokus op wat jou uniek maak, omdat musiek nie ’n kompetisie is nie.

Danny Smoke pak alles wat hy doen met passie en presiesheid aan en dit word baie duidelik in sy eerste enkelsnit en album uitgebeeld. Die moderne benadering en eerlike vertolking van die liedjies op SWAELTJIES en sy unieke stem, is die perfekte pasmaats vir ’n eindproduk wat nie net ’n opskudding gaan veroorsaak in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nie, maar ook diep in die publiek se harte gaan kruip.

Die album is nou op alle digitale platforms beskikbaar.  Kry hom hier:  https://INHOUDHUIS.lnk.to/Swaeltjies

SNITTE OP DIE KOMENDE ALBUM

Jou Lippe

Gaan Ons Inlê

Swaeltjies

T-shirt

As jy so vir my kyk

Soek jy aandag of soek jy my lyf

Droomtrein

Iemand Anders

Skoon Was

Laai Jou Geweer

Alles

Trippe Trappe Trone

Onder My Vel (met Marzanne)

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/dannysmokefull/

Twitter: @Danny_Smoke

Instagram: @dannysmokeking

STARBURST PROMOTIONS
Alishia van Deventer – HEAD OF PUBLICITY & MARKETING

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →