Die VLV-kookboek Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

BESKRYWING  

Die VLV-kookboek bevat ‘n versameling flatervrye resepte deur die lede van die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland ter viering van hul 90ste bestaansjaar.   Trakteer jou gesin op ou familiegunstelinge soos lewerkoekies, bobotie en skaapboud in die toe-gedeelte en geniet weer die liplekker lekkerte van melktert, gemmerkoekies en gemmerbier om maar net enkeles te noem. 

As jou tyd beperk is, wend jou tot die kortpad- getoetste resepte in die nou-gedeelte waar die mikrogolf ingespan word, soos ‘n sjokoladekoek wat in slegs 7 minute gemaak word, en beproefde, gesonder geregte soos spinasiegebak, pampoenmuffins, bobotie met ‘n appellaag en eiervrugslaai.   ‘n Onontbeerlike resepteboek deur ma’s en vroue vir vroue van alle ouderdomme.

OOR DIE SKRYWER 

Die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland is ‘n nieregerende organisasie wat op 15 Oktober 1929 in Franschhoek in die lewe geroep is met die doel om persoonlike groei te bevorder en gemeenskapsdiens te verrig.

Uitgewer : Human & Rousseau

Druknaam : Human & Rousseau

Publikasiedatum : 26 Julie 2019

Prys : *R350

Bladsye : 240

Formaat : 230 mm x 160 mm

Bindstyl : Hardeband

Illustrasies : Ja

Kategorie : Kookkuns ISBN13: 9780798177368 EpubISBN: N/A MobiISBN: N/A Strepieskode: 9780798177368 Uitgawe : 1 Druk : 0

 * Prys onderhewig aan verandering

Kontak Jean Pieters by jpieters@nb.co.za of 021 406 3033 vir meer inligting oor die boek en die skrywe

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →