Gemeenskappe wat geteister word deur dwelms en geweld is die inspirasie agter nuutste Vibrancy-Enkelsnit!

“Hierdie kragtige ballade tref diep, omdat dit die waarheid vertel oor die hopeloosheid in ons land en ’n beroep doen op God se krygers om ’n verskil te maak. Die lied is nie net ’n musikale meesterstuk nie, maar ons glo ook dat die ritme God se hartklop vir Suid-Afrika vasvang,” sê die skeppers van die nuutste VIBRANCY – A COLLECTIVE OF CREATIVES-enkelsnit, LEAST OF THESE (VUKA/ ARISE).

Die snit is geïnspireer deur ’n storie oor dwelms en bendeleiers, wat die sanger en mede-liedjieskrywer van die lied – Lebohang Kgapola – diep getref het, omdat die gemeenskap waarin sy bly deur hierdie realiteite geteister word. Dit het haar laat wonder wat sy kon doen om te help. Met dit in gedagte, het sy, Ndumiso Manana en Rashid Adams begin om ’n liedjie te skryf vir die mense wat hierdeur geraak word.

“Ons voel dat hierdie liedjie regtig vasvang wat in God se hart is. Hy het aarde toe gekom vir die verlore en gebroke siele en wanneer ons, as ’n land, gekonfronteer word met reuse probleme soos dwelmmisbruik en armoede, besef ons dat Hy ons roep om in opstand te kom daarteen. Hy wil almal heel maak en gee vir elke mens om. Ons gebed is dat die enkelsnit diegene wat verlore is, laat besef dat hulle sterk en geliefde uitverkorenes is,” deel hulle. 

LEAST OF THESE (VUKA/ ARISE) is die vierde enkelsnitvrystelling vanaf die inspirerende album, ONE, wat die resultaat is van ’n verkwikkende wegbreeknaweek by in Harmonie in Franschhoek wat deur ’n diverse groep talentvolle geestelike leiers, liedjieskrywers en musikante bygewoon is.

“Hierdie lied is om verlore siele na God te lei, sodat hulle besef dat hulle nie ’n hopelose saak is nie. God is kragtig en kan genesing bring, selfs in die donkerste tye.”

Kliek hier om die musiekstorie van te LEAST OF THESE (VUKA/ ARISE) kyk: https://www.youtube.com/watch?v=5RAIwcIMkHQ&t=101s

Die album is nou digitaal beskikbaar hier: http://itunes.apple.com/album/id1464065361?ls=1&app=itunes

http://itunes.apple.com/album/id/1464065361

LIEDJIES OP DIE ALBUM

1. Planted (met Lebohang Kgapola en Rashid Adams)

2. Be Glorified (met Sima Mashazi)

3. Ngizokuphumuza (I will give you rest) (met Sima Mashazi en Andriëtte de la Harpe)

4. Tot Stilstand (met Carlyn Ganz en Gideon Nel)

5. Least of These (Vuka / Arise) (met Lebohang Kgapola)

6. In just one moment (met Mégan Schilder)

7. One (met Lesego Senwamadi en CJAY)

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook:   https://www.facebook.com/vibrancyza

Instagram:  @Vibrancy_za

Twitter:   @Vibrancy_za

Webtuiste:  www.vibrancycollective.com

Hutsmerke:  #Vibrancy #ONE #VibrancyCollective #InHarmonie

PUBLISITEIT EN BEMARKING

Starburst Promosies

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webblad: www.starburstmusic.co.za

STARBURST PROMOTIONS


Alani Coetsee – PUBLICIST

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →