GROET DIE GROTMAN 2 terug by Pierneef Teater (Pretoria) Op openbare aanvraag!!! 19 Julie 2019 om 19:00 Bespreek VINNIG!!! R160 pp – Bespreek by 012 329 0709

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Ons het sommer baie goeie nuus vir Suid-Afrika. Groet die Grotman 2 betree weer die verhoog in Suid-Afrika en Grotman is by vanjaar Vrystaat Kunstefees van 1 tot 6 Julie 2019 in Bloemfontein.  Lefra se wegholsuksesproduksie, Groet die Grotman, het vir langer as 10 jaar gespeel met meer as 1,000 vertonings regoor die land.  Dit hou steeds die rekord vir die produksie wat die langste in Suid-Afrika gespeel het.

Dit is twintig jaar later. Grotman en Elize is steeds gelukkig getroud … of is hulle?  Die kinders is tieners met hul eiesoortige uitdagings.  Grotman het sy rookseine verruil vir WhatsApp-boodskappe, eposse, iPhones, Facebook en Twitter.  Die verskille tussen Mans en Vrouens is steeds daar, want mans is steeds van Mars en vrouens van Venus.  Lefra kondig met trots aan dat Wynand (Karate Kallie) van Vollenstee die rol van Grotman 2 gaan speel. Wynand is ‘n bekende in die komiese teater en hy word deesdae ook gesien in Willie Esterhuizen se baie suksesvolle Ouboet en Wors as Gielie.  Frans Swart het die teks geskryf en hanteer ook die regie.

Vrouens … julle gaan julle mans herken in Groet die Grotman 2 en jy kan gerus maar jou man in die ribbes pomp.  Meneer, jy gaan beslis jou vrou in Groet die Grotman 2 herken … so wys maar gerus die wysvinger vir Mevrou … net nie die middelvinger nie!  Saam gaan mans en vrouens weer heerlik lag en sommer gratis terapie ontvang vir die huwelik.  Kom kyk Groet die Grotman 2!

Nadat GROET DIE GROTMAN 2 met Wynand van Vollenstee as die grotman vroeër vanjaar by die Pierneef Teater gespeel het, is dit binne dae uitverkoop. Daar was ongelukkig ‘n hele aantal mense wat teleurgesteld was omdat hulle nie kaartjies kon kry nie. Ons het onmiddellik besluit om ‘n ekstra vertoning te skeduleer vir Pierneef. GROET DIE GROTMAN 2 speel op Vrydag, 19 Julie om 19:00 weer by die Pierneef Teater. Moenie laat slaap die keer nie. Bespreek nou onmiddellik deur die Teater te skakel by (012) 329-0709 of epos aan info@pierneefteater.co.za

Kaartjies kos R160 pp

Related posts

Leave a Comment